Godsdiens

HOOR AFRIKANERVOLK, HOOR DIE WOORD VAN DIE HERE!

altPSALM 95:1-11

1   KOM, laat ons jubel tot eer van die HERE, laat ons juig ter ere van die rots van ons heil!

2  Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

3   Want die HERE is ’n grote God, ja, ’n groot Koning bo al die gode.

4  In wie se hand die diepste plekke van die aarde is, en die toppe van die berge is syne.

5   Aan wie die see behoort wat Hy self gemaak het, en die droë land wat sy hande geformeer het.

6   Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.

 

7   Want Hy is onse God, en ons is die volk van sy weide en die skape van sy hand. Ag, as julle vandag maar na sy stem wou luister!

8  Verhard julle hart nie soos by Mériba, soos op die dag van Massa in die woestyn nie;

9  waar julle vaders My versoek het, My beproef het, alhoewel hulle my werk gesien het.

10 Veertig jaar het Ek ’n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is ’n volk met ’n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;

11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Waarlik, hulle sal in my rus nie ingaan nie!

 

Aan U kom toe die krag en die heerlikheid en die dank. U barmhartigheid en genade O Vader, is onbeskryflik en U oordele onnaspeurlik. Ons loof en prys en dank U uit die diepte van ons harte, want daar is niemand soos U nie. Ontvang ons dank O Vader, vir Jesus se offer vir ons aan die kruis en aan U O Jesus Christus dat U vir ons intree by onse Vader en vir U O Gees van God wat in ons woon! Amen.