Godsdiens

DIE AMERIKANERS, DIE BRITTE, DIE VN OF DIE EU? WAAR SAL ONS HULP VANDAAN KOM?

altHet die God wat die Afrikanervolk gedien het dan só swak geword dat ons heil nou op ander plekke gesoek moet word? Het ons vergeet wie Hy is en waartoe Hy instaat is? As selfs die kerke nou dwaal en Afrikanerleiers se geloof so afgestomp geraak het dat daar "noodgedwonge" aan allerhande eise toegegee moet word, lees dan u Bybel met aandag en versterk uself deur sonder die “Prinse” waarop ons volk begin vertrou het, sonder vrees die toekoms tegemoet te gaan!

DEUTERONOMIUM7:11-27

11   Hou dan die gebod en die insettinge en die verordeninge wat ek jou vandag beveel om dit te volbring.  

12   En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;

13 en Hy sal jou liefhê en jou seën en jou vermenigvuldig, en Hy sal die vrug van jou liggaam seën en die vrugte van jou land, jou koring en jou mos en jou olie, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee, in die land wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het om aan jou te gee.

14   Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.

 

15   En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.

16   En jy sal al die volke verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou ’n strik wees.

17   As jy in jou hart dink: Hierdie nasies is meer as ek, hoe sou ek hulle kan verdrywe? —

18   wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het,

19   die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.

20   En die HERE jou God sal ook die perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het.

21   Skrik nie vir hulle nie, want die HERE jou God is by jou, ’n groot en gedugte God.

22   En die HERE jou God sal hierdie nasies so langsamerhand voor jou uit verjaag; jy mag hulle nie gou vernietig nie, dat die ongediertes nie teen jou die oorhand kry nie.

23   Maar die HERE jou God sal hulle aan jou oorgee en hulle in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word.

24   Ook sal Hy hulle konings in jou hand gee, dat jy hulle naam onder die hemel kan laat verdwyn; niemand sal teen jou standhou totdat jy hulle verdelg het nie.

25   Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God ’n gruwel.

26   En jy mag geen gruwel in jou huis inbring nie, sodat jy nie net so onder die banvloek kom nie; jy moet daar heeltemal ’n afsku van hê en dit geheel en al as gruwel beskou; want dit is onder die banvloek.

Ons dank U O Vader, dat ons U Onse Vader mag noem. Ons loof en prys U Heilige Naam en wag op U. Bekeer ons O Vader, sodat ons ons kan bekeer en lewe op so ‘n wyse dat U Naam daardeur verheerlik mag word, in die Naam van ons Middelaar en Verlosser, Jesus Christus bid ons dit. Amen.