LEVITIKUS 25:17-21 
17 Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; want Ek is die HERE julle God.
18 En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.
19 En die land sal sy vrug gee, en julle sal volop eet en veilig daarin woon.
20 En as julle sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie mag insamel nie? —
21 dan gebied Ek my seën vir julle in die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare oplewer.
Vader wat in die hemel is, kom asseblief ons gebrek aan geloof en kennis en moed en gehoorsaamheid te hulp, sodat ons U sal vertrou en glo dat U getrou is in wat U deur U Gees vir ons in U Woord laat opteken het. In die Naam van Jesus pleit ons dit. AMEN
