JOHANNES 15:7 As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry
Wat ʼn belofte!
JOHANNES 10:10 Jesus het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape.
8 Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie.
9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.
10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
11 Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape
As ons die skape is, is die weiding dan nie God’s Woord nie?
MATTHÉÜS 4:4 Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan
Wanneer die dief dan kom om te steel en te slag en te verwoes, is dit nie die Satan wat die Woord uit ons harte kom steel sodat die krag daarvan verlore gaan nie?
MARKUS 4:14–15
14 Die saaier saai die woord.
15 En dit is hulle wat langs die pad is — waar die woord gesaai word, maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is.
Ons verkry dus nie wat ons vra nie vir onder andere, twee redes: “As julle in My bly en my woorde in julle” Omdat Jesus se voorwaarde dalk nie meer ons erns is nie?
O Vader, versterk ons geloof sodat ons in U sal bly en U Woorde in ons, sodat ons kan lewe en die oorvloed waarvan U spreek, deur ons reg verstaan en benut kan word, in Jesus se Naam pleit ons by U. Amen.
