Godsdiens

HET DIE AFRIKANERVOLK SE GODSDIENS ‘N “WONDERGODSDIENS” GEWORD?

altEk is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing. (sê Dawid)

Wonder u somtyds as dit met u swaar gaan of daar werklik ʼn God is? Wonder u selfs of u gered is? Wonder u nie ook in die lig van ons eie leiers se ontrouheid waarom God dit toelaat nie? Wonder u ook oor die opregtheid van die kerk wat u besoek om God’s Woord te hoor? Met die uitsprake van Teoloë oor die inhoud van die Bybel en die horisontale preke van bedienaars van die Woord, wonder u nie ook oor die waarheid daarvan nie?

U hoef werklik nie verder te wonder nie! Die antwoord op elke moontlike vraag of kommer wat u mag hê, sal u vind in die Woord van God. As u nie self gereeld die Woord van God lees nie, aandagtig, biddend en bestuderend lees nie, begin dan vandag sodat die Heilige Gees u kan leer! Want ons volk gaan ten gronde vanweë ons eie en persoonlike ongeërgdheid in ons omgang met God en Sy Woord wat lewend geword en onder ons kom woon het. Hier is maar net enkele verse uit God se Woord om u te prikkel om opnuut ʼn Bybelstudent te word wat dit waaroor u wonder sal wegneem en u in verwondering oor die krag daarvan sal bring en voorberei vir u ontmoeting met die Koning van die Konings wanneer Hy kom!

PSALMS 119:99

Ek is verstandiger as al my leermeesters, want u getuienisse is my bepeinsing. (sê Dawid)

MATTHÉÜS 23:10

Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.

JAKOBUS 3:1

MOENIE baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ’n groter oordeel sal ondergaan.

JOHANNES 10:10

Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

DEUTERONÓMIUM 4:1

LUISTER dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.

DEUTERONÓMIUM 5:33

In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.

AMOS 5:14

Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.

LUKAS 12:15

En Hy sê vir hulle: Pas op en wees op julle hoede vir die hebsug, want iemand se lewe bestaan nie uit die oorvloed van sy besittings nie.

I PETRUS 2:24

wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

I PETRUS 3:7

Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.

I JOHANNES 5:13

Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

OPENBARING 2:10

Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee.

 

LEVÍTIKUS 26:15

en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ’n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek —

LEVÍTIKUS 26:16

dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.

LEVÍTIKUS 26:17

En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.

NÚMERI 35:31

Maar julle mag geen losgeld aanneem vir die lewe van ’n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet sekerlik gedood word.

 

Rig Uself ons deur U Gees wanneer ons U Woord lees O Vader, sodat ons U stem duidelik sal hoor wanneer U met ons spreek. Ons bid dit in die wonderlike Naam van Jesus Christus, ons Middelaar en Verlosser, amen