Godsdiens

GLO U DAT DIT WAT IN DIE BYBEL GESKRYF IS WAAR IS?

altDie twyfel wat deur moderne “skrifgeleerdes”, indien nie Fariseërs nie, oor die inhoud van die Bybel gesaai word en as fabels afgemaak word, het by baie gelowiges verwarring en onsekerheid laat ontstaan sodat gelowige ankers begin losraak.

Lukas wat ʼn mediese dokter was het egter reeds in die tyd rondom die gebeure waarvan ons vandag lees, veral sedert die geboorte van Jesus tot by Sy kruisiging en opstanding, die twyfel gemerk en noukeurig navorsing gaan doen deur met mense wat daar was, die gebeure gesien en selfs daarby betrokke was, gaan praat en dit geboekstaaf.

Ons het dus nie met fabels te make nie, maar met geskiedkundige gebeure wat noukeurig nagevors en opgeteken is deur met mense wat dit gesien en beleef het te praat en chronologies te boekstaaf. Lees Lukas se besorgde stelling oor die baie vertellings van wat werklik plaasgevind het en sy besluit om orde daarin te bring. Ook sommige ander gedeeltes wat die waarheid onomstootlik bevestig!

LUKAS 1:1-4

1 AANGESIEN baie onderneem het om ’n verhaal op te stel oor die dinge wat onder ons al vervul is,

2 soos hulle wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was, dit aan ons oorgelewer het,

3 het ek ook dit goedgedink, hooggeagte Theófilus, nadat ek van voor af alles noukeurig ondersoek het, om dit in volgorde aan u te skrywe,

4 sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.

 

HEBREERS 2:3 hoe sal ons ontvlug as ons so ’n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,

JOHANNES 15:   As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat.

25 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat.

26 Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy van My getuig.

II Petr. 1:16

Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;

 

Hand. 1:1.

DIE eerste verhaal, Theófilus, het ek opgestel oor alles wat Jesus begin doen en leer het

2 tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;

3 aan wie Hy ook, ná sy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.

Hand. 26:16;

Maar rig jou op en staan op jou voete, want hiertoe het Ek aan jou verskyn om jou te bestem tot ’n dienaar en getuie van die dinge wat jy gesien het en van die dinge waarin Ek nog aan jou sal verskyn

I Kor. 4:1

1 SO moet ons dan beskou word as dienaars van Christus en bedienaars van die verborgenhede van God.

2 En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.

3 Maar vir my beteken dit baie min of ek deur julle of deur ’n menslike regbank beoordeel word; ja, ek beoordeel myself nie eens nie,

4 want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.

5 Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.

Dankie o Vader vir U Woord wat steeds vas bly staan as anker in ons gelowiges se lewens tot verheerliking van U mag en majesteit as die enigste God en Vader en Skepper van alles en almal. Amen