Godsdiens

DIE "WYSHEID" VAN DIE MENS RIG ONS TEN GRONDE

altSODAT JULLE GELOOF NIE IN WYSHEID VAN MENSE SOU BESTAAN NIE, MAAR IN DIE KRAG VAN GOD.

I KORINTHIËRS 1:27-31 en I KORINTHIËRS 2:1-7

maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;

28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,

29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.

31 Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem.

I KORINTHIËRS 2:1-7

1 EN toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie,

2 want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag,

5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.

6 Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ’n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.

7 Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,

Die mens gaan tot niet vanweë sy selfopgelegde wysheid, o Vader. Ek pleit dat ons Afrikanervolk sal terugkeer sodat ons geloof weer in die krag van God verankerd mag wees. In die Naam van Jesus Christus bid ek dit. Amen.