Die wereld soek vrede, maar tevergeefs op verkeerde plekke onder leiding van die Satan.
Jesaja 57:21
19. Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees.
20 Maar die goddelose is soos ’n onstuimige see; want dit kan nie tot rus kom nie, en sy waters gooi slyk en modder op.
21 Geen vrede, sê my God, vir die goddelose nie!
Vrede, ook Wêreldvrede, kom slegs deur Jesus Christus, sê die Bybel
Jesaja 9:5-7
5. Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —
6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
7 DIE HERE stuur ’n woord in Jakob, en dit val in Israel
Nie ʼn Nuwe Wêreld Orde met een Wêreld regering, een godsdiens, een onderwys en een geldstelsel bring vrede nie, nie Glasnost en Perestroika, nie wegdoen met Kernwapens of wapens van massavernietiging, nie die verwydering van Diktators of die vestiging van Demokrasie nie. Vrede kom slegs deur Jesus Christus, se die Woord van God!
Handelinge 10:36
Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus — Hy is die Here van almal.
Efés. 2:14-17
Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;
2 Korintiërs 5:18,19
18. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het,
19 naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.
O Vader, gee dat ons Afrikanervolk weer en opnuut sal glo dat dit wat U in U Woord vir ons laat opteken het, die weg na vrede aandui en niks anders nie, in Jesus se Naam. Amen
