Godsdiens

DIE WEG VAN ONS HEMELSE VADER MET N VOLK

DIE WEG VAN DIE HERE MET ‘N VOLK WAT HOM DIEN!

JOSUA 1:1-  

1  EN ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:

2   My kneg Moses is dood; maak jou dan nou klaar, trek deur hierdie Jordaan, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, die kinders van Israel, sal gee. ..................... 

5  Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos Ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees; Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. .................

Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan.

 8  Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.  

9  Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

 

JOSUA 4:1-

EN toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het die HERE met Josua gespreek en gesê:  

2  Neem vir julle uit die volk twaalf manne, uit elke stam een man,

3  en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly........  

sodat dit ’n teken onder julle kan wees. As julle kinders later vra en sê: Wat beteken hierdie klippe vir julle?  

7  Moet julle vir hulle sê: omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die HERE by sy deurtog deur die Jordaan — die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as ’n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd. ......

24  dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.

 

JOSUA 5:2-

2  IN dié tyd het die HERE vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.  

3   Toe het Josua vir hom klipmesse gemaak en die kinders van Israel besny by die heuwel van die voorhuide.  

4    En dit is die rede dat Josua hulle besny het: Die hele volk wat uit Egipte uitgetrek het, die manspersone, al die krygsmanne, het op pad in die woestyn gesterwe, op hulle trek uit Egipte.

5  Want die hele volk wat uitgetrek het, was besnede; maar die hele volk wat op pad in die woestyn gebore is, op hulle trek uit Egipte, het hulle nie besny nie. 

6   Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met ’n eed beloof het om aan ons te gee nie — ’n land wat oorloop van melk en heuning. ......

9  Toe het die HERE vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe.  

10   Terwyl die kinders van Israel by Gilgal gelaer was, het hulle die pasga gehou op die veertiende dag van die maand in die aand, in die vlaktes van Jérigo.

11   En hulle het die dag ná die pasga van die opbrings van die land geëet: ongesuurde brode en gebraaide koring, daardie selfde dag.  

12   En terwyl Josua by Jérigo was, slaan hy sy oë op en kyk, en daar staan ’n man teenoor hom met ’n ontblote swaard in sy hand; en Josua het na hom gegaan en hom gevra: Behoort U by ons of by ons vyande?

14   En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?  

15   Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.

 

O HERE onse God en Vader, dat ons Afrikanervolk sal terugkeer na U en ons harte opnuut laat besny sodat die smaad van ons “Egipte” van ons weggeneem mag word, dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat ons die HERE ons God altyd mag vrees en ons U eer voorop sal stel.  Dankie o Vader vir U Engel met ontblote swaard wat oor ons waak!  Ons bede is dat ons as ʼn volk, begrip sal ontwikkel van ongehoorsaamheid en veertig jaar in die woestyn en gehoorsaamheid en U ewig beskikbare genade, in Jesus se Heilige Naam.  Amen.