Godsdiens

AFRIKANERS,IS ONS GEHOORSAAM AAN GOD?

 

WAAROM VLUG U VAN GOD AF WEG?

JONA1:1-4

1  EN die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê:

2  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig.

3  Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en ’n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.

4  Maar die HERE het ’n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ’n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

 

 

Vlug u van God af weg omdat u soos Jona ongehoorsaam was? Let dan daarop dat dit nie moontlik is nie. Jy kan nêrens vlug waar jy vir God verborge is nie.  Nie eens in ʼn vis se maag nie!

Hoe groot is u oortreding wat u laat vlug?  Soos in vers 5 en 6 hier onder?

Daar is egter ʼn oplossing!   Jy kan bid! Waarheen jou ongehoorsaamheid jou ookal geneem het, sál God jou stem hoor en Hy sál jou verhoor!

 

JONA 2:1-10

EN Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis

2  en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp — U het my stem gehoor.

3   U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ’n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

4   Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.

5   Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.

6  Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!

Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.

 

(As gelowige kind van God, tugtig Hy sonder twyfel ons oortredinge, maar is Sy oor oop en Sy hart ontvanklik vir ons hulpgeroep en belydenis.  Hy red ons van die dood as ons ophou wegvlug van Hom af deur ons eie toedoen!)

 

8  Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.

9   Ek daarenteen sal aan U offer met ’n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.

10   Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.

 

O Vader in die hemel hoog, tot wie ons ophef hart en oog, ons dank U vir die verhaal van Jona waaruit ons krag put om op te hou vlug. Ons vlug, weg van U af, gedryf  deur ons oortredinge en ongehoorsaamheid! Hoor ons stemme as ons tot u roep o Vader en ontvang ons dank vir U genade! Amen.