MAGSMISBRUIK?
10 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?
11 Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie.
JOHANNES 19:1-
TOE neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel.
2 En die soldate het ’n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en ’n purper kleed om Hom gewerp
3 en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.
4 Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.
5 En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Dáár is die mens!
6 En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.
7 Die Jode antwoord hom: Ons het ’n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.
8 En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword
9 en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.
10 En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?
11 Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.
Besef ons dat elke mens oor mag beskik? As ʼn ouer oor ons kinders. As kind oor jonger broers en susters. As man oor ons huishouding. As ʼn bestuurder oor personeel. As kaptein van ʼn span oor die spelers. As onderwyser oor leerlinge. As predikant oor die gemeente. As eienaar van ʼn bedryf oor die werknemers. As president en kabinetslede van ʼn parlement oor die inwoners van ʼn land?
Vraag is of ons weet dat mag van God af kom en dat die wyse waarop ons dit gebruik het, beoordeel sal word deur Hom van wie ons dit ontvang het. Laat ons in die week wat voorlê, die mag wat ons ontvang het, gebruik op só ʼn wyse dat die eer en heerlikheid van die Gewer van die mag, daardeur voorop gestel sal word!
