IS DIE AFRIKANERVOLK ONOMKEERBAAR VEROWER OP PAD NA VERNIETIGING?
Uit DIE WOORD. 15 APRIL 2012
1 Sameul 2:12….30
Maar die seuns van Sameul was deugniete; hulle het die Here nie erken nie. …17 En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van die Here,….22 Maar Eli was baie oud, en as hy hoor alles wat sy seuns aan die hele Israel doen, en dat hulle gemeenskap hou met die vroue wat dien by die ingang van die tent van samekoms, dan sê hy vir hulle: waarom doen julle sulke dinge, dat ek van hierdie hele volk julle slegte dinge moet hoor? Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van die Here oortree.
30. Daarom spreek die Here, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor My aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die Here: Dit is ver van My; Want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.
Ons sien hier dat God in Sy almag, tog ‘n ewigheidsbesluit omkeer, want Hy is God!
Ons sien egter ook dat God in Sy toorn optree wanneer Hofni en Pinehas ten spyte van hulle vader se vermaning, voortgaan om te sondig en met die dood gestraf word omdat Eli hulle volgens God, nie streng bestraf het nie.
Die Afrikanervolk se afvalligheid wat in oorsprong en instandhouding deur vermenging met goddelose volkere en pornografiese en banale beeldsendings, nie deur die “priesterdom” van ons tyd streng bestraf word nie, lê ten grondslag van ons benouing, en politieke dwaling. Hulle maak dat die volk oortree! Die kerk het geen geringe aandeel in die verval van ons volk, omdat hulle n eertydse oortuiging van die handhawing van die skeidingsbeginsel van God veroordeel ten gunste van die gelykheidsbeginsel van die Kommunisme!
Sport op die Sabbatdag, wat ten spyte van die kontroversie oor welke dag dit moet wees, afgesonder is vir God en nou nog boonop as dié dag vir inkopies toegewy word! Daarmee saam die toename in morele en sedelike verval omdat die Christelike basis uit staat en skool verdring is.
God kán ons omstandighede egter omkeer! Sonder getalle, sonder wapens en sonder enige hulp van enige moondheid het hy Israel se ellende male sonder tal omgekeer.
1 Samuel 14:1...6
En op ʼn dag het Jónatan, die seun van Saul, aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van die Filistyne wat daar oorkant is. (6)Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê; Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.
Hebr. 11:1
Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Ons hoop setel in ons geloof. ‘n Vaste vertroue in die almag van ons Drie Enige God en hemelse Vader dat in die handhawing van die beginsels en waardes deur Hom aan ons gegee vanuit die geskiedenis, Hy ons die oorwinning sal skenk! Beginsels en waardes wat vrede voorspoed, stabiliteit, wet en orde, ekonomiese vooruitgang en ‘n Christelik-Nasionale opvoeding en onderwysstelsel wat van ons kinders toonaangewers op verskeie gebiede in die wêreld gemaak het.
Ons hoop lê veral in die vaste vertroue dat God ons en ons kinders sal beskerm teen die aanslae op ons gees vanuit die media wanneer ons verenig binne die laer van Christelike Nasionalisme, sodat waarheid, geregtigheid, betroubaarheid en veral ootmoedigheid voor God, weer sigbare kenmerke van ons volk kan word. Mag God ons daartoe help!
