1TIMOTHEUS 5:8
Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ’n ongelowige.
Dankie o Vader dat ons opnuut vermaan word om na ons eie mense en veral ons huisgenote te sorg voordat ons al ons sorg en ywer elders spandeer.
Dankie ook dat U ons die krag en wysheid daartoe verleen en ons gebed is dat U ons sal toerus om daarmee vol te hou, in Jesus se Naam bid ons dit.
