1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9284678

Besoekers aanlyn

Ons het 66 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

STEMME MET DIE SIS VAN ‘N SLANG

Klaas WaarseggerDie sis van n SlangDie versoek van die stemme in die Parlement is dat jy as Afrikaner soos ‘n hond die swart hand moet lek ter wille daarvan om aanvaarbaar te wees in die nuwe Suid Afrika. Die mantra wat voorgehou word ter wille van ‘n Afrikaner etopie, is die van oorgee, weggee, prysgee, selfontkenning en gatkruip. Hul politieke grawe is steeds besig om sand te skep om op jou graf te gooi. Die DA en VF+ is waarlik ‘n besmetting van realiteitspolitiek. Die onstabiliteit in die regering bring noodwendig ‘n breuk tussen Afrikaners en die Regering van Nasionale Eenheid. Hulle ideologie van een menslike ras (rasontkenning) lê nou aan skerwe, want hulle het die Afrikaner gekroon tot sosiale uitvaagsels wat nie inkoop in politieke prostitusie nie. Buite parlementȇre instansies is nou die draers van die “Afrikaner-Ark”.

Die aanvaarding van die ANC se swart mediaanse illusie, het reeds ‘n bloedstreep in Afrikaner geledere veroorsaak, en hef aan lê nog voor. Die wit politieke boewe se uitgangspunt is ook dat selfbeskikking verwerplik is, en swart oorheersing is aanneemlik. Die land waarvoor ons voorvaders twee Vryheidoorloë geveg het, was volgens hulle ter wille van ‘n allemansland en vreemde oorheersing. Die swart verkleuringsprojek van die regeringsbende, het Suid-Afrika tot zombiestatus gekonstrueer waar onnoselheid seëvier. Die toetrede van die DA en VF+ tot die Regering van Nasionale Eenheid, gee ook nou “fatsoenlikheid” aan die ANC se raskwotastelsel in die Parlement. Volgens die woketeorie is dit seker vir hul moontlik om te argumenteer dat hulle eintlik swartmense is, vasgevang in ‘n wit liggaam. Volgens hul woketeorie is dit uiters rassisies om wit te wees in ‘n eie vaderland.

Die sogenaamde nie-rassige nuwe Suid-Afrika, is net so absurd as om te praat van ‘n “non animal zoo”. Ek weet van geen mens op aarde wat rasloos gebore is nie. ‘n Mens kan maar net veragting hȇ vir die huidige parlementȇre gebroedsel. Hulle praat so enders want hulle is so eners, want na die sis volg die spuit van gif en na die gif die enersheid van terminale infeksie wat die ontvangers van die gif se politieke denke op gelyke vlak plaas! Die vlak van verrotting van selfs die nugterheid van  wat beskou word as die basiese vlak van gesonde praktiese oordeel of logiese kennis van basiese feite wat enige volwasse mens behoort te besit. Dit is so algemeen dat dit deur byna alle onvergiftigde mense gedeel word!

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie