1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9319253

Besoekers aanlyn

Ons het 99 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SELFREGEER AS VEREISTE

Klaas WaarseggerSoos wat ‘n mens wyser word, word ‘n innerlike proses aangeskakel om sin te maak van die wêreld om jou. Dit impliseer ‘n eie normatiewe grondslag teenoor ‘n buite- konteks wat in jou keel afgedruk word, as sogenaamd geregtig. Jou eie etniese grondslag word voortdurend polities en sosiaal aangeval om te konformeer tot abnormaliteit.

Skokkend is die Afrikaner deur swart groeperings as doodmaakbare entiteit verklaar. Beskaafde etiek is opgeskort om sodoende ‘n “regverdige oorlog” teenoor die witman te voer. ‘n Oorlogslustige verhouding teenoor die witman in ons land is reeds gevestig wat weldrae tot uitbarsting sal kom. Die tog van vrede na oorlog is in volle swang.

Die opheffing van selfregeringspolitiek het ‘n verhouding sonder verhouding te weeg gebring. Vrede is nie te vinde in ‘n nieverwantskaplike koalisie van teenstrydige belange. Dwang tree na vore wat ‘n toestand van oorlog aankondig. Die “ander” se absolute prioriteit van die eie self manifesteer met brutaliteit. Die intermenslike orde word versteur deur ‘n wederegtelike roofsugtige inbesitname van die ander en die ander se besit.

Rasse dualisme kan nie deur integrasie politiek beredder word nie. Verloëning van jou pre-oorspronklike identiteit is soos om ‘n laksman oor jouself aan te stel. Hierdie dolheid in Suid-Afrika kan slegs aangespreek word deur selfondersoek. Aanspreeklikheid moet aanvaar word vir ons integriteit en sielsbevrediging. Die vraag is, of ons as volk welgeluksalig wil lewe, of ewigdurend reaktief onder swart oorheersing wil ly? Ons het sekerlik nie toestemming van die ANC nodig om onsself en Afrikaner te wees nie. Baie Afrikaners in die DA en VF+ moet weer die moed vind om hulself te betuig en hul eie realiteit uit te leef.

Die gatkruip van die DA en VF+ in ons geledere is die hoofprobleem wat Afrikaners uit hul nasieskap wil ontkoppel na ‘n reënboognasie. Die toetreding van die DA en VF+ tot die de Klerkorde is ‘n doelbewuste uitruiling van die “eie huis” met die “ander huis”. Of dit nou Griek of Barbaar is,die liefde vir die “eie huis” ontbreek, en is simptomaties van volksverraad. Dit dra in hom saam die kiem van selfontkenning en die volledige uitlewering van Afrikaner soewereiniteit as volksstrewe. Gemeensaak met die swart bewussynsgemeenskap om die Afrikaner onder te ploeg is nie net laakbaar nie Dit is “Basterpolitiek” en sal ons nêrens bring nie.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie