1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333726

Besoekers aanlyn

Ons het 71 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

TERUGBLIK VAN DIE LEIER VAN DIE AVP OP 2024

Verval 2024 Wat het u verwag van 2024 en wat het u gekry?

On this day in history, 10 December 2024 

in 1996: ... President Nelson Mandela signed into law a new constitution for South Africa, legally entrenching racial equality and consigning apartheid to history's dustbin.(Aldus Business Maverick)

Die AVP se kommentaar op hierdie stelling van ‘n koerant wat daarop aanspraak maak dat hulle onafhanklik, neutraal net by die feite bly, is dat saam met “apartheid” Mandela ook beskawing, vooruitgang, standaarde en blanke eiendomsreg, in die asblik laat beland het! Wat meer is is dat rasse gelykheid ‘n denkbeeld van ‘n verwarde politieke siel is wat só vêr van die werklikheid verwyder is as die Ooste van die Weste!

Die nuwe grondwet van Mandela, wat eintlik maar net die uitvoering van die Een-Wêreldregering se instruksie was, het reeds sy beslag gehad met die sluipmoord op dr. H.F. Verwoerd op 6 September 1966. Dáár is daarin geslaag om die asblik se deksel oop te dwing en elke Afrikanerbelang van John Vorster af, deur PW Botha, F.W. de Klerk, tot by Mandela en daarna tot vandag toe, in die asblik te stort sonder enige haalbare poging om dit te verhoed!

Met die entoesiastiese deelname van die “gelykheid,Vryheid en broederskap” benadering van die uiters liberale DA en die toetrede vanuit die volkstaatdampkring van die gestorwe KP, VF positief en ander verwarde blanke “politieke” aspirante aan die RNE( regering van nasionale eenheid) van de Klerk en kie wat nou die Nasionale Koalisie Regering geword het, het by die liberale denkers asook by die goedgelowige meelopers, nuwe verwagtings geskep! Feit is egter dat van meet af was daar in die regering van nasionale eenheid geen sprake van nasionalisme en nog minder enige sigbare teken van eenheid nie! Die gevolge is geskiedenis en lê die Rommel rondom ons in stof en as!

Wat ookal die verwagting van Afrikanergelowiges was vir 2024, is dit duidelik dat die verloop geen hoop gebring het nie en daar hopelik aan die einde van die afgelope jaar, ontnugtering in ons volk sigbaar sal wees. Sedert Vorster vroeg in 1968 van die NP se sportbeleid van die NP afgewyk het, kort nadat hy eerste minister van Suid Afrika geword het, het die verval begin presies soos wat dr. Verwoerd dit by herhaling voorspel het en duur dit na vier-en-veertig jaar se hardkoppigheid, verval, vernietiging en politieke verwardheid steeds voort asof ons volk geen oordeel meer het nie! Die sekerste bewys van die waarde van die spreekwoord: Bly by dit wat jy geleer het omdat jy weet van wie jy dit geleer het.

Die AVP spreek simpatie uit met elke Afrikaner wat ontnugter is met die wanstaltigheid van die noodlottige beleidsrigting wat gevolg is na diie moord op dr. Verwoerd en waarvan die uitkoms die “dood” beteken het van alles waarvoor die Afrikanervolk bekendheid verwerf het. Die vaste beginselgrondslag sedert 1948 waarop die AVP vandag nog staan, is die plek waar elke Afrikaner man, vrou en kind behoort te staan. Die AVP nooi elke Afrikaner uit wat uit innerlike politieke oortuiging op daardie grondslag in belang van ons volk vir ons Vryheid wil stry`om u gewig in 2025 by ons te kom ingooi, sonder dat teleurstelling van onhaalbare verwagtings u moedeloos moet maak in die tyd wat voor ons lê

Seën en voorspoed vir 2025 aan elkeen van u! Mag ons hemelse Vader ons as volk bekeer sodat ons onsself kan bekeer van elke oortreding en/of afwyking van enige een van Sy gebooie wat Hy aan Moses gegee het waarvolgens ons moet lewe, sodat Sy genade en barmhartigheid weer deel van ons volk sal word. Mag dit wees dat ons hele volk Maandag 16 Desember geloftefeeste sal bywoon, waar dit ookal aangebied word.

Hartlike Afrikaner groete

Danie Varkevisser

Leier van die AVP.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie