1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8333614

Besoekers aanlyn

Ons het 61 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

2024 TERUGSKOUEND

Klaas WaarseggerDit is ‘n ontstellende verhaal. Wat uitstaan is dat die hekwagters besluit het om deel te word van die verderf. Selfs die NG kerk het sy kompas verloor. Menslike woordbraaksels het evangelie geword, daarom word daar gedolereer. Die ekspressiewe aanslag is kleurvol getooi in groen, swart, geel, wit, rooi en blou (die kleure van die onderdrukker se vlag). Volkstrots is as taboe verklaar in Reënboogland waar waarheid en werklikheid vervang word met mites en blatante bollie. Dit skud ‘n mens se kop tot verstomming. Jy ervaar die emosie om mense te vermoor met ‘n draadhanger.

Die teenwoordige politieke ambisie is nie om te regeer nie, maar om te heers met ‘n afstootlike sataniese ambisie. Verskoon my as my mondspoelmiddel opgeraak het. Die kosmopolitaanse sosiale front het ‘n oefening geword in kopulasie. Vigsbehandeling word beskou as die kuur vir onsedelikheid. Die politiek van ongesondheid word saamgevat in ‘n stelsel van nasionale gesondheidsversekering. Jy sal verseker een of ander pes optel. Morele wankelrigheid, korrupsie en rassisme is die speletjie. 2024 se storie is een van aap-debatte, gyselaars dramas, zenefobia, rassisme, konstruksie mafias, water mafias, kole mafias, zamma zammas, omkopery, afrikanisering, kaderontplooiing, belasting verhogings, verkragtings, vergiftigings,plaasmoorde, onteiening, konsternasie en dekadensie.

Na elke onregmatige verkiesing beweeg ons nader aan Kliptown se oerwoud, as gevolg van die onvermoë om te regeer. Poskantoor, Telkom, Polisie, gevangenis, onderwys, SAL, Transnet, paaie, ens. ens.Nou weet julle ook. Steenhuizen jy en Groenewalt moet julle koppe laat lees. Ek sal dit gratis doen per afspraak. Ek vermoed derilium tremens kan ‘n rol speel in breër verband. Bly weg van Episidemie!!!

NS: Met die regering van nasionale eenheid is die onversoenbare byeen gebring deur interssubjektiewiteit waar leuns verskans word as waarhede, om jou ‘n kous oor die kop te trek. Alles is nou kwansuis wel met hierdie Reënboogland.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie