1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8122599

Besoekers aanlyn

Ons het 56 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

RAMAPHOSA SE POEDELS

Klaas WaarseggerDie skoothondjie mentaliteit het endemies geword in die nuwe Suid-Afrika onder sekere witmese. Hulle het hulself eerloos onderwerp aan die ANC se voorskrifte. Judas de Klerk se belofte voor die 1994 verkiesing was dat die NP gewis die bewind weer sou oorneem, indien hulle nie die 1994 verkiesing sou wen nie. Op grond daarvan het baie Afrikaners nog vir die NP gestem. Wetend het hy die Afrikaner mislei tot swart onderwerping.
Na 30 jaar word daar weereens oproepe gemaak uit linkse oorde dat ‘n politieke bewussyn onder Afikaners vir selfregering nie wakker gemaak moet word nie. Die krag agter hierdie oproep is waarskynlik die naskok van ‘n gebrek in politieke selfvertroue. Dit sal ook beteken dat die DA en VF+ ook nie vir ewig op die soustrein kan ry nie. Wat Afrikaners moet besef is dat geen effektiewe politiek in die toekoms moontlik sal wees onder swart oorheersing. Anders as die DA standpunt dat slegs goeie administrasie alleen die politieke tameletjie kan besweer, is dwelmdenke.
Volke en etniese groepe moet ook in beskerming geneem word, toegelaat word dat elke volk sy vryheid behou, sodat elkeen kan leef en presteer volgens sy eie vermoë. Ramaphosa se Poedels (DA, VF+, Afriforum en Solidariteit) het die paradigma skuif ondergaan waar selfverloëning in ‘n regering van nasionale eenheidskonsep ‘n etopie sal verwesenlik vir die witman.
Prince Mashele skryf in ‘n onlangse artikel: “SA finally African, all thanks to Zuma. During the presidency of Nelson Mandela and Thabo Mbeki, some among us use to believe that the black people of South Africa are better than those of other countries. Our true African character: The idea of rule of law is not part of who we are, and that constitutionalism is a concept far ahead of us as a people. The people who think we have come to the end of South Africa don’t realise that we actually come to the beginning of a real African country, away from the western illusions of exceptionalism. The whites should look north of the Limpopo river, to learn more about governance in Africa”. Ek sou dit self nie beter kon stel nie.
Die Poedels staan dus voor ‘n baie duidelike besluit. Laat vaar die droom van ‘n regering van nasionale onenigheid, want julle sal telkens onkant betrap en die josie in gemaak word vir elke nuwe skandaal. Die misdaad van die hede is onder andere wetgewing soos transformasie, kwota stelsels, nasionale gesondheidsversekering, regstellende aksie, BBBEE en grondroof, met die uitsluitlike doel geformuleer om die Afrikaner ekonomies en polities te ruȉneer. Die Poedels kan dus beskryf word as verraaiers, valse profete en witman dissidente. Dit is hierdie lamsakkigheid wat die Afrikaner bedreig. Flip Buys van Solidariteit vra die vraag in Rapport : “Sȇ vir my wat is ‘n Afrikaner?”.
Hy sȇ verder, die Afrikaner is ‘n volk sonder definisie. Die man is of onnosel of moedswillig of albei. Connie Muller die gewese leier van die VF+ verklaar skaamteloos in die parlement :”I am an African”. Intussen bly die allerdringendste vraag: Hoe gaan ons Afrikaners die toekoms in sonder selfregering, en in onmag van ons eie toekoms? Ons het altyd gesing: “Ons sal lewe, ons sal sterwe, ons vir jou Suid-Afrika". Dit het nou omgeswaai as gevolg van Poedel mentaliteit na: ”Ons kan nie lewe nie, ons is besig om te sterwe as gevolg van verraad in eie geledere”.
Hierdie verraaiers se bose aandrang is dat ons identitiet moet verander. Identiteit is ‘n gegewe van geboorte wat onveranderlik is. In der waarheid is dit eintlik hul sieklike mentaliteit wat die probleem is. (Wit Afrikane). Ek bespeur ‘n begeerte onder hulle om soos swartes te wees, en in ‘n nuttelose bestaan te verval. Hierteenoor dink ek aan Generaal de Wet se woorde: “Aan my volk rig ek ‘n laaste woord. Lojalteit is die waardigheid van ‘n volk wat sy bloed vir Vryheid gestort het”. Ook Dr Verwoerd se woorde: “Skep jou eie toekoms”. Terloops my hond is ook ‘n Poedel, baie gehoorsaam aan sy baas!!!
NB: Vir groter duidelikheid verwys na Jaap Marais se skrywe op ons webwerf onder die opsksrif; Suid-Afrika van die swartes gesteel?? 
KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie