1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8564131

Besoekers aanlyn

Ons het 72 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

SOOS BROMMERS

Klaas WaarseggerDie DA en VF+ se politiek is nou soos brommers op ‘n vuil ANC “nappie”. Nie alleen het hulle hul eie verkiesingsmanifeste oorboord gegooi nie, maar ook hulle identiteite ingeboet. Jou identiteit het vele fasette onder andere, geneties asook ‘n assosiasie komponent. Meng jou met die semels en die varke vreet jou op. ‘n Brommer vreet ontlasting vir soetkoek op. Daar waar dit stink, daar sal hulle wees. Waar is my vlieëplak?

Weet tog, brommers het ‘n unieke identiteit. ‘n Mens vind hierdie uniekheid ook by mense en diere. Ek hoor deesdae wit honde wat blaf met ‘n Soweto aksent. Bobbejane het weer die gebruik van ontvlooiing as persoonsversorging. Brommers se roepstem is om te brom, sodat ander ook in onwelriekende fees kan deel! Hulle is ook ingekleur in al die reënboogkleure om variasie aan te toon. Nie eers ‘n maskerbestaan kan hulle ware kleure verbloem nie.

Die punt wat ek wil maak is dit, omdat daar ‘n “ek” is, is daar ‘n “ons” wat impliseer daar is ook ‘n “hulle”. Soort soek soort is die beginsel. Dit dui op ‘n onoorbrugbaarheid. (Bye verkies heuning, en brommers verkies ontlasting. ‘n Mens hoef nie teeblare of kaate te kan lees om te weet wat die grillerige versmagting van brommers is nie. Brommers is geleedpotiges met saamgestelde oë, daarom gee hulle nie om waar hulle gaan sit nie, en hul saamgestelde oë kan ook nie die toekoms lees nie. Hul lewensduurte is dus baie kort. Brommers is daarom altyd eerste by die selfhelp-tafel.

‘n Selfgeretigheid wat lei tot roekelose besluite en onverantwoordelike optrede wat die politieke ekosisteem geweld aandoen. As dit by die staatskis kom, bewys die ANC nappie onteenseglik die gravitas van die wet van attraksie. Moenie bekommerd wees nie, sal die ANC vir jou sȇ: “Ek stuur vir jou lig, ons sal alles vir jou uitwerk”. Die disleksiese Lingua Franca van die post-apartheid era sal almal gerus stel.

Profeteer ‘n verenigde reënboog nasie, en die viering van ons “long walk to freedom”. Toor ‘n bietjie met jou woorde. Gooi ‘n toffie vir die boere. Wonderlik né? Al wat die boere kort is ‘n konsentrasiekamp **sic**. Gaan lees nou self die proklamasie (Grondwet) van ‘n 100 idees hoe om ‘n land op te voeter.

KLAAS WAARSEGGER

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie