1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8260812

Besoekers aanlyn

Ons het 25 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

DIE RESULTAAT NA DIE 2024 ALGEMENE VERKIESING.

Steenhuis jy moet liewer op die rots bouDie resultaat van die veelrassige verkiesing na verloop van dertig jaar, bevestig nogeens dr. H.F. Verwoerd se waarskuwende voorspellings. ‘n “Steenhuis” wat op sand gebou is kan nie staande bly nie! So moes al die blankes wat gaan stem het nou eerstehands beleef dat dit nie waar is dat as jy nie stem nie, dit ‘n stem vir die ANC is. Hulle het nou gestem en saam met die ondersteuners van die ANC, binne in die ANC beland deur vir die DA te stem, of vir enige van die ander beskikbare geregistreerde partye wat aan die verkiesing deelgeneem het.

 In die regering van “Nasionale” Eenheid gaan hulle nou in die stelsel op omdat hulle daaraan deelgeneem het! Hulle is nog steeds onderworpe aan ‘n swart meerderheid, ongeag of hulle in ‘n koalisie, regering van nasionale eenheid, ‘n demokrasie, ‘n federasie of konfederasie, republiek of watter soort regeringsvorm nog uitgedink kan word. Solank as wat daar ‘n een-mens-een-stemstelsel aanvaar word, sal die blanke in Suid Afrika nooit weer oor homself regeer nie!

Tydens die referendum van 1992 is Suid-Afrikaanse kiesers gevra om 'n ja- of nee-stem uit te bring vir onderhandelings om 'n einde aan apartheid te bring. Die stemming het op17 Maart 1992 plaasgevind en was tot wit stemgeregtiges beperk. Die uitkoms was 'n oorweldigende oorwinning vir die ja-stem.

U moet let op die oogmerk wat in Wikipedia gestel word in die paragraaf hierbo! Die vraag waaroor die referendum gevoer is was egter: “Ondersteun u die voortsetting van die hervormingsproses wat die Staatspresident op 2 Februarie 1990 begin het en wat op ‘n nuwe grondwet deur onderhandeling gemik is?”

Na afloop van die referendum is die beleid van afsonderlike ontwikkeling geskrap, en wat een-mens-een-stem aan alle kiesers binne die grense van Suid-Afrika verleen het. Dit het dan ook gelei tot die onderwerpimg van blank aan swart en oorheersing van barbaarsheid oor beskawing in Suid-Afrika in April 1994 tot vandag toe!.

Die Nasionale Party het die "ja"-stem bemark terwyl die Konserwatiewe Party dit teengestaan het. Die NP het die volgende slagspreuke propageer:

  • 'n Veilige toekoms vir ons en ons kinders.
  • Vreedsame naasbestaan en gelykwaardige geleenthede.
  • Ordentlike hervorming en redelikheid.
  • Die beskerming van groepsbelang deur eie besluitneming.
  • Die bevordering van gemeenskaplike belange deur samewerking.
  • Sterk en doelgerigte leierskap.
  • 'n Eendragtige en weerbare Suid-Afrika.
  • Ekonomiese, politieke en maatskaplike stabiliteit.
  • Die handhawing van ordelike regering en standaarde.
  • Veiligheid, vryheid en voorspoed deur geregtigheid.[

Is daar net een van hierdie NP stellings wat baie van ons mense geglo het wat vandag nog staan?

Die hoeveelheid mense wat stemgeregtig is in Suid Afrika wat nie nou gestem het nie is nagenoeg ‘n raps meer as veertig persent. Dit beteken dat die “nee stem” eintlik die beste gevaar het.

Maroela Media: 21 Mei 2024 — Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Dinsdagoggend in ʼn Facebook-plasing gesê 99% van Solidariteit se lede het aangedui dat .hulle gaan stem.

Wat die Afrikanervolk moet besef is dat ons deur die deelnemers aan hierdie onheilige bestel, soos skape na die slagpale gelei word. Die uitslag van hierdie verkiesing, net soos die referendum van 1992 en die verkiesing van 1994, wat teen alle aanduiding skokkend was, was waarskynlik lank voor die tyd reeds bepaal deur sameswering. ‘n Bedryf wat oom Jaap “Lobbying behind the scenes” genoem het en wat ons nou weer deur die fiktiewe “pandemie”van internasionale omvang. duidelik aan die werk gesien het en die gevolge nog jare vorentoe sal moet dra!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie