Dit is steeds dieselfde Flip Buys, wat op 13 Maart 1997, drie jaar na de Klerk se abdikasie en tenminste 25 jaar se stryd, ‘n brief aan mnr Marais gerig het. Stryd wat deur mnr. Jaap Marais en almal van die Herstigte Nasionale Party van destyds, gevoer is om die voorsiende verval, wat Buys nou op kripties wyse in die Afrikanerkoerant van die HNP erken, te probeer voorkom! Buys se brief aan mnr Jaap Marais:
From: “fbuys” <Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>
To: < Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.>
Subject: Oom Jaap niksdoen
Date: Thu, 13 Mar 1997 04:04:42 +0200
Oom Jaap,
Jy is so kwistig met die lasterkwas besig teen byna elke mede-Afrikaner wat bestaan, maar jy het selfs niks gedoen om te keer dat die ANC aan bewind kom nie. Jy skinder, skimp en maak alle Afrikanerleiers verdag, net soos die bekende Kommunistiese strategie.
Dis nie ‘n wonder dat daar nou ook smeerpamlette teen oom versprei word nie. Ek verag mense wat in hierdie moeilike tye ons volk nog meer verwar en moedeloos probeer maak met leuens en verdagmakery, soos sulke smeerpamlette en soos “Die Afrikaner”. Dis sekerlik die grootste beswaddering van die Afrikaner se naam om u koerantjie so te noem. Kry oom nie skaam nie? Mens kon hom vroeer jare nog lees toe ZB, oom Louis Stofberg en Henk vd Graaff nog daar gewees het.
Om nie met mense soos Dr Hartzenberg, Genl Viljoen, Mnr Bruwer en andere saam te stem nie is u demokratiese reg, maar om sulke manne wat alles vir hulle volk opoffer weekliks so te belaster en te beledig skree ten hemele.
Dit is nie ‘n wonder oom het nog nerens gekom in die politiek nie. Ek hoop die waarheid oor oom se rol in die afbreek van ons volk en geheulery met agente soos Piet Petoors kom in die hof uit en ontbloot jou vir wat jy is oom Jaap. Moenie die goeie gewone mense van die HNP mislei met jou benepe en paranoise gesanik nie. (My Beklemtoning)
Flip Buys.
Dit is vir die AVP van die uiterste belang dat die perspektief van Flip Buys se brief, DINK GROTER DOEN GROTER, in die Afrikanerkoerant van die Herstigte Nasionale Party, nie vertolk sal word soos wat die verskuilde bedoeling van Buys en by implikasie ook dié van die huidige redakteur van die Afrikanerkoerant, naamlik om te glo dat dit wat Solidariteit en Afriforum hulle mee besig hou, in belang van ons volk is nie.
Anders as die gewraakte brief van Buys aan wyle mnr. Jaap Marais, moet die AVP se brief aan die Afrikaner en wie dit ookal onder oë sal kry, nie vertolk word anders as dat ons hier met feite en met die waarheid wil omgaan nie. Om mee te begin is dit verbysterend om op te merk hoe die beeld van die HNP en sy voormalige leier, mnr. Jaap Marais geminag word deur die plasing van hierdie spesifieke brief van Buys sonder dat hy ooit ‘n verskoning vir sy onbeskoftheid in die openbare media teenoor ‘n baie ouer man as hy en onteenseglik baie waardiger en kundiger man as hy aangebied het. Die refleksie op die bestuur en beheer van die HNP behoort vir elke oorblywende lid kommerwekkend te wees.
In mnr. Marais se antwoord op Buys se brief het hy geskryf: “U brief is vir my ʼn interessante ervaring. Ek het nog nie tevore te maak gekry nie met ʼn geval waar ʼn skrywer se peil van onkunde so kennelik oortref word deur die graad van sy onbeskoftheid.”
Die AVP wil die politieke onkunde van Buys, hetsy bewustelik of onbewustelik uit sy brief aan die Afrikaner, in perspektief plaas. Om groter te dink en te doen was ook ‘n kenmerk van Genl. Jannie Smuts. Sy holisme om eerder deel te wil wees van ‘n groter gemeenskap as sy eie volk, het sy volk hom laat verwerp! Buys se erkenning dat oom Jaap en almal van ons wat sy politieke insig, en dié van ons voormalige Afrikanervolksleiers uit wie se vêrsig hy geput het reg was, is betekenisvol! Sy stelling dat ons die komende krisis vir dekades lank met ons politieke vêrsiendheid voorspel het en daarvoor aangeval was as politieke uitgeworpenes uitgestoot is, sonder om ruiterlik te erken dat hy een van die voorlopers was en sonder om die Afrikanervolk vir daardie blatante verraad om verskoning te vra, is wesentlik oneerlik!
Eerder maak hy van dieselfde Afrikanerkoerant wat deur oom Jaap en Afrikaner politieskundige patriotiese volksgenote gestig is, om dit wat onkundiges soos Buys se wanstaltige en verwarde politieke kortsigtigheid in die regte voeg te plaas, om nou juis hulle wat hy erken dat hulle reg was, te probeer belas met sy diaboliese semantiese woordgebruik as sou ons gevaar loop om ‘n soort leë troos te vind in die feit dat ons reg was. Met die verdere beskuldiging dat dit dan verder kan lei tot heimwee klubs in die praktyk waar ons sit en terug dink aan die dae toe alles gewerk het en ons niks doen om dit wat verkeerd is reg te maak nie! Wat ‘n vermetelheid!
Die uiters bedenklike poging om dit wat hy doen, wat in ‘n sin beperkte waarde het vir enkele Afrikaner volksgenote, te verhef bo ons stryd om vry en onafhanklik oor onsself te kan regeer volgens ons eie aard en behoefte, is nie net kortsigtig nie maar uiters gevaarlik vir die behoud van ons Afrikaner identiteit! ‘n Voortsetting van sy onkunde oor die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling wat hy vandag nog beskou as diskriminasie teen die swartes.
Maar wie is Flip Buys regtig?
Op 19 April 2017 in sy opinie ten opsigte van die aanval van Yusuf Abramjee, sluit Buys sy betoog af met “eenheid in verskeidenheid!”
Flip Buys responds to Yusuf Abramjee’s attack on UP's private student residence for Afrikaans-speakers ............................. .
For this reason, South Africans should rather pursue our national motto, namely to unite in our diversity
Die brief in die Afrikaner waarin Buys stellings maak soos: “Ons voorouers het met ’n ongekende kulturele energie aan die werk gespring.” Dui juis op die belangrikheid vir die behoud van kultuur
“Vandag kan ons met die wysheid van terugskouing“ Waaruit hy kennelik niks leer nie
“Dit kan ʼn mens tereg bitter maak teenoor diegene wat daarvoor verantwoordelik was” Veral as die verkragtings, moord, verval, verontregting, werkloosheid en vernietiging wat hy help veroorsaak het en tot vandag nog nie berou getoonhet nie!
“dat ander vir hierdie ramp verantwoordelik is, en dat ons al die jare reg was nie.” Steeds sonder om te bely dat hy een van die “ander” was en dit ruiterlik erken en bely! Hoe verwag hy om vertrou te word?
“Die teenstelling tussen die eerste twee dekades ná die Vryheidsoorlog en die eerste drie dekades ná 1994 is daar vir almal om te sien” En steeds voort te gaan op die pad wat die oorsaak is!
Kom ons krap weer in ons boekrak en gebruik ons voorouers se beproefde suksesresep om krisisse te oorkom: DIE RESEP WAS NIE NET WERK NIE MAAR VERAL DIE MOED, GETROUHEID EN EERLIKHEID OM BY JOU VOLK TE STAAN EN SOOS GENL HERTZOG TE ERKEN AS JY FOUTEER HET SOOS MET DIE 1933 SMELTING!
Buys se betrokkenheid met F.W. de Klerk en sy Stigting betrek hom by die internasionale sameswering om die Afrikanervolk vernietig te kry en van die verhoog van die geskiedenis afgevee te kry, of dit nou sy doel is al dan nie. De Klerk was deel van die Klub van Rome. Indien Buys dit nie weet nie, of nie weet waar die Klub van Rome in die skakel van die ketting van Internasionale geknoei agter diie skerms inpas nie, sal ek dit toeskryf aan die mate van onkunde wat hy vroeg reeds in sy brief aan mnr. Jaap Marais openbaar het.
Om die simptome van die afwyking van die beleid en beginsel van Afsonderlike Ontwikkeling te probeer oplos sonder om die kern van die probleem aan te spreek, is ‘n vertoon van politieke onkunde.
Die gevaar wat daarin opgesluit is, is die aanhoudende verdeeldheid wat dit veroorsaak in ons volk! Buys se oproep om jou te laat inspuit vir die “pandemie” wat nooit bestaan het nie, is ‘n verdere bewys van sy politieke bewusteloosheid en maak hom ‘n gevaar vir ons volk se voortbestaan! Dit laat egter die vraag ontstaan of hy nie deel van die sameswering is soos wat van die vorige “Afrikaners wat hy in sy brief aan mnr. Marais na verwys het, wat sonder om werklik te weet waarmee hulle besig was, ons vyande bevoordeel het!
U van die HNP wat nog daar is en nog nie saamgesleep is met die afwykings van die beginsels waarmee dr. Hertzog, Jaap en Willem Marais gelei het nie, sal u tog nie vir hulle in die bres gaan staan en hierdie flagrante afwykings teëgaan indien u leiers nie kan of wil nie?
Groter dink en groter doen as die voortbestaan van jou volk met behoud van sy kultuur, identiteit, taal, voorkoms en geskiedenis binne ‘n veelrassige multikulturele samelewing, is die grondslag vir ‘n een wêreld regering waarvoor die duiwel hom be-ywer!
I Timótheüs 5:8 (Afr53) Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.