Wil u gaan stem in hierdie veelrassige, Godlose bestel? Indien dit dan nog vir die DA en enige ander organisasie is wat die huidige grondwet ondersteun, dan stem u vir dit!!:
Dat die koningkryk van die satan die DA beleid dikteer, is onweerlegbaar. Wanneer kinders geleer word dat homoseksualisme, lesbiese verhoudings, geslagveranderings, selfdegeslag huwelike alles reg is, kan jy maar jou Bybel weggooi. Dit wat die Bybel ons leer is direk teenstrydig met die bostaande praktyke wat daar in die Weskaap en oral waar die DA sy spore trap aan die orde gaan kom.
Die antwoord bly steeds, bly weg en stem sodoende reg! Goedkeuring, aanvaarding, simpatie of selfs die liefde van ouer vir so 'n kind of familielid, maak jou minder aandadig as hulle wat glo dat dit reg is en dit doen! Ons verantwoordelikheid is omdit wat boos is te weerstaan, daarteen te waarsku en ons geliefdes daarteen te beskerm! Daardie pad is 'n vernietigende pad! Dit is die pad na die ewige dood indien daarop volhard word! Daar is mense in die DA wat dit tog behoort te weet! Die AVP waarsku omdat ons die swaard sien kom en u daarvan wil vrywaar.