Die k-faktor is die faktor van destruksie in die nuwe Suid-Afrika. Kriminaliteit het endemiese perporsies aangeneem in hierdie land. Elke nuwe dag van more is daar ‘n onthulling van korrupte aktiwiteite. Naas die vigs-epidemie is misdaad nou die grootste landskrisis. Plaasmoorde en selfs politieke moord het iets allerdaags geword. Geweldsmisdaad teen boere word openlik aangeblaas in swart kringe.
Die k-faktor is ‘n psigose wat nie moeilik is om te identifiseer nie. Delusies (vreemde gedagtes) en hallusiasies (sien, hoor of ervaar van dinge wat ander mense nie ervaar nie) is aanduidend daarvan. Dit gaan ook gepaard met spraak verwarring (praat deurmekaar en raak onsinnige dinge kwyt), wyk duidelik van die normale af. Daar is ook ‘n dramatiese verandering in die persoon se gedrag, want hy of sy ervaar ‘n innerlike impuls tot vernietiging.
Die k-faktor is ‘n sambreelterm vir ernstige geestesversteurings waar die indiwidu kontak verloor met die werklikheid. Sonder ‘n morele kompas word enige oortreding aanvaarbaar. Die waarheid word beskou as haatspraak. In die nuwe Suid-Afrika het ‘n verbeelding posgevat dat wanneer ‘n krimineel outoriteit verkry, hy homself beskou as ‘n revolusionêr wat kan maak en breek soos hy wil. Hierdie mense is baas manipuleerders. Hulle lieg, steel, kroek en behandel jou as die kimineel. Misdaad, politiek en sosiale onrus het ‘n kenmerk geword van die nuwe Suid-Afrika se samelewing. Politieke moord, motor kapings, dwelmhandel, korrupsie, transitorooftogte, zenofobie en halssnoer moorde het allerdaags geword.
Halssnoer moord is seker die mees barbaarste metode om iemand te vermoor. Dit word gedoen met volle samewerking van ‘n kriminele gemeenskap se ondersteuning. Die slagoffer word gedwing om petrol te drink, sy klere word ook natgegooi met petrol en ‘n motor buiteband word om sy nek geplaas wat ook gevul is met petrol, en dan aan die brand gesteek. Dit neem ongeveer sowat 20 minute vir die slagoffer om die lewe te laat. ‘n Afgryslikheid om te aanskou.
LW: Ter wille van absolute duidelikheid, die k-fakor is veelkantig in oorsprong en vertoking en het bepaald ‘n konnotasie met ongeloof, hoe jy nou ookal daarna kyk!
KLAAS WAARSEGGER