AFRIKANERS IS NIE SPESIAAL NIE, SKRYF MAX DU PREEZ IN BEELD
Netwerk 24: Afrikaners-is-nie-spesiaal- 14-11-2017 BEELD se middelblad waar Max du Preez sy mond uitspoel oor Afrikaners, asof hy ‘n kenner van die Afrikanervolk is, het die AVP se aandag getrek. Du Preez is reg as hy sê dat die Afrikaners nie spesiaal is nie. Waarvan hy egter klaarblyklik níks weet nie, is dat Afrikaners ‘n geskiedenis het waaruit ‘n volk ontstaan het en waarin ‘n kultuur en ‘n taal gevestig is wat anders is en dus onderskei kan word van die ”groepe” waarin hy mense plaas.
Dat die groep waarin hy homself bevind totaal anders is as die Afrikanervolk, val buite du Preez se begripsvermoë. Sy verklaring dat hy ‘n Afrikaner is met sy wortels op Vrystaatse plase, as ‘n nasaat van Voortrekkers en Boerekrygers, laat buite rekening dat daar by du Preez wortelvrot ingetree het. Wortelvrot waarvan sy uitsprake en optredes getuie is dat dit terminaal is. Ongeneeslik siek met vergroeisels wat knoetserig soos vratte in elke artikel en uitlating waarmee hy poog om die Afrikaner tot sy vlak af te trek, potsierlik uitstaan as getuienis van ‘n sindroom wat aan waansinnigheid grens!
Luister na du Preez: (1). ”Ek is ‘n ingeligte denkende mens met die vermoë om die geskiedenis en die omgewing waarin ek leef te ontleed en te verstaan” .... (2). “Ek is instaat om my oerinstinkte met feitgegronde rede te oorkom en uit te werk waar ek en my etniese groep in die nasie inpas” ...... (3). “die klein groepie verregse malletjies wat die apartheidsvlag geswaai en “Die Stem” gesing het” ....(4). Dat die steeds bevoorregte witmense slagoffer wil speel; hul eie mense se lewens as van meer waarde as ander s’n ag; dat hulle arrogant, selfbehep en onsensitief is” ....(5). “Na ‘n bittere geskiedenis van kolonialisme en apartheid kon ons nie anders verwag nie” .... (6). as ‘n groep gaan dit steeds stukke beter met ons as wat dit met swart mense as ‘n groep gaan”....(7). ”sit jouself ‘n slag in ‘n swart werker of werklose se skoene en probeer jou indink hoe jy sou gevoel het” .... (8). “Alle Suid Afrikaners is slagoffers van ‘n roofdierregime. Die Zuma regering is nie skelm en vrotsig omdat hulle swart is nie, hulle is net skelm en vrotsig, soos heelwat regeerders met bleek gesigte in die Midde-Ooste, Suid Amerika en lande van die ou Sowjetunie”
Die AVP se reaksie op Max du Preez se “wysheid”: ). ‘n Ingeligte denkende mens met die vermoë om die geskiedenis en die omgewing waarin hy leef te ontleed en te verstaan??? NÊ!
Die enigste verskil tussen du Preez se blanke ”groep” en swart skelm en vrotsige regimegroep, is dat laasgenoemde swart is van buite terwyl eersgenoemde swart is van binne! Dat Netwerk 24 en Beeld sulke politieke snert publiseer, is betekenisvol!