Publiseer die Dayly Maverick koerant Mbali Ntuli se mening waarom jy nou moet registreer om te stem.
Die AVP publiseer agt goeie redes in antwoord daarop, waarom jy nié moet registreer en derhalwe nié gaan stem nie!
Ek het vanoggend geregistreer om te stem, en was aangenaam verras oor hoe maklik die proses is. As jy nog nie geregistreer is nie, het Mbali Ntuli agt redes waarom jy moet wees: DM.
AVP: Dit is juis ontwerp om maklik te wees sodat al wat ‘n kieser nodig het is om te kan regop loop, met ‘n klip te kan gooi en ‘n kruisie te kan trek!
Deur Mbali Ntuli
AVP: Bogenoemde is waar en reg mits jy ‘n demokrasie het, wat in Suid Afrika nie bestaan nie! Die woord demokrasie het sy oorsprong in die Griekse taal demokratia, waar Demos Volk beteken en Kratos krag! Derhalwe ‘n regeringsvorm waar die hoogste gesag by die volk berus. Dus ‘n volksregering waar die volk sy verteenwoordigers kies om sy mandaat te handhaaf en uit te voer volgens die volkswil. Dit is ‘n demokrasie soos wat dit was voor 1994! Een homogene volk wat nie uit verskillende volke met uiteenlopende kulture, behoeftes, gelowe en ideologië in ‘n blote meerderheidsregime saamgevoeg is nie! Alles behalwe ‘n demokrasie!
AVP: Weiering om te registreer is die eerste vorm van sigbare verset teen só ’n onvolhoubare en diskriminerende stelsel wat die teenstelling van demokrasie is!
AVP: Dit verseker juis dat die weerspieëling van diversiteit die meerderheidsbeheer telkens bevestig as diktatoriaal en die moontlikheid van regeringsverandering in die wiele ry in teenstelling met ‘n demokrasie waar opposisie binne volksgeledere wel so ‘n moontlikheid inhou.
AVP: Vir dertig jaar in Suid Afrika en reeds vir eeue in Afrika is die teendeel oor en oor bewys!
AVP: Met ‘n meerderheidsregering met magsdeling as fopspeen, is eerder ontmagtiging deur die gemelde “deurslaggewende burgerlike opvoeding” wat uitkomsgebaseer is, soos in die huidige onderwysstelsel, juis die beplande beleid van gewaande betrokkenheid van ‘n klein selektiewe groepie enkelinge van die burgery
AVP: Waaksame burgers met selfs beperkte intellek sal juis nie registreer om hulle erfenis met ‘n stem te vernietig nie.
AVP: Kiesersregistrasie kan nie die stemme tel nie, dit is mense wat dit doen en die hele Afrika gaan mank aan integriteit wat dit betref! Toe regter Johan Kriegler in 1994 daaroor voor stok gekry is, was sy opmerking dat ‘n mens nie in ‘n bordeel kan werk en kuis bly nie!
AVP: Juis die teendeel is waar! Dit bevestig deelname aan ‘n swart meerderheidsverkiesing wat wetmatigheid verleen aan ‘n swart bevolking se onwettige seggenskap wat deur verraad verkry is deur ‘n swakkeling NP Regering wat die leisels by dr. H.F. Verwoerd oorgeneem het en dit nie kon vashou nie!