Die nuwe Suid-Afrika is in 1992 aan die blankes gesmous as ‘n toekomstige land van melk en heuning deur die machiavellians. ‘n Groot gewag was gemaak van die goeie wil wat bestaan tussen die verskillende rassegroepe. Een onverdeelde Suid-Afika onder ‘n swart regering was die waarborg tot vrede, veiligheid en voorspoed. Om hemel op aarde te bewerkstellig, is die skepping van ‘n reënboognasie as ‘n voorvereiste gestel.
Om dit realiseer is verskeie wetgewing en maatreëls op die wetboek geplaas om hierdie ideaal ‘n hupstoot te gee. Vervolgens ‘n paar voorbeelde van die machiavellian benadering en hoe dit uitspeel in realiteit:
1. Malema sing die onofisiële volkslied van “kill the farmer, kill the boer” voor 90 000 swartes met dawerende applous. Wetgewing in die land veroorloof dit. Die vertoon van die oranje blanje blou vlag van ouds is onwettig en strafbaar verklaar want die vlag opsigself is rassisties.
2. Eiendomsreg van blanke plaasboere word ingetrek sonder vergoeding deur wetgewing. Miljoene hektaar gronde wat aan die staat behoort, word nie tot beskikking gestel nie.
3. Plaasmoorde wat feitlik daagliks plaasvind, word nie na behore deur die swart regering hok geslaan nie. Dit word as algemene misdaad beskou sonder ‘n politieke motief. Goeie wil word van plaasboere verwag om ook gedeeltes van hul grond aan plaaswerkers af te staan.
4. Voorgestelde wetgewing vereis van boere dat as ‘n meerderheids-aandeel van ‘n plaas nie aan swartes behoort nie, hulle water regte ingetrek sal word om landereye nat te lei. Nog ’n goeie wilsbetuiging van die swart regering.
5. BBBEE wetgewing is ingestel om die nuwe Suid-Afrika ‘n “allemansland” te maak, wat eintlik aan swartes moet behoort. Die witman het sy grond en eiendom gesteel, is hul aanspraak.
6. Asof dit nie genoeg is nie, word ook meerderheidsaandele verwag van privaat maatskappye om die swartes te bemagtig, ten koste van die blankes.
7. Die blanke se geskiedenis en menswees word gekriminaliseer as boos. Standbeelde van blanke helde word afgebreek, strate, dorpe en stede en provinsies se name word swart name gegee, so asof hulle dit opgebou het. Met goeie wil moet jy dit aanvaar.
8. Die staatsdiens het ‘n etniese suiwering ondergaan met katestrofiese gevolge. Korrupte amptenare het alle staatsinstellings leeg gesteel en dienslewering is slegs ‘n herinnering aan die verlede. Die doelwit het geskuif na swart indiensnemingsorganisasies.
9. In Natal alleen is daar meer as 300 munisipale raadslede wat nie kan lees of skryf nie. Met jou goeie wil op die spel, maak dit seker nie saak nie.
10. Zondu het in sy staatskapingsverslag talle onhebbelikhede uitgewys wat na jare nog niks aan gedoen is nie. Hy was wel voor stok gekry oor sy klagtes. In ‘n machiavellie wêreld het ons nou ‘n land van melk en heuning. Soveel so dat die DA en VF+ ingekoop het in die slovo grondwet en ‘n eed van getrouheid afgelê het om in die parlement te wees. Verskeie privaat maatskappye speel ook lustig saam in projek Afrikaner-haat sonder teenkanting.
Sit bogenoemde nou in jou pyp en rook dit vir ‘n goeie ervaring volgens die machiavellies.
KLAAS WAARSEGGER