KOM ONS BLAAI 'N BIETJIE TERUG IN DIE GESKIEDENIS OM TE KYK NA DIE KARAKTERS WAT AS BETROUBAAR MET DIE AFRIKANERSAAK BESKOU IS
Donderdag , 11 Februarie 2010
Onse Niel Barnard is vandag, presies 20 jaar nadat Mandela vrygelaat is, sommer pure grootman in die pienk media-nuus vir sy onontbeerlike rol in die hele proses. Sakkie is egter nie so seker dat onse doktor, soos hy dikwels genoem is, so gelukkig is met die hele verloop van sake nie. Volgens Operation Deep Search se ondersoekers het Barnard homself gesien as die man wat die ANC na die onderhandelingstafel moes bring om vir homself ‘n stewige posisie in die nuwe regering te verseker, maar ‘doktor’ het blykbaar nie in sy voortvarende jeug die wese van ‘n Swart kommunis geken nie. Hy was nog maar ‘n onbekende, nat agter die ore akademikus van 31 jaar oud toe PW hom die nuwe hoofkabouter van NI gemaak het om dié korrupte eenheid onder sy voorganger, hoofkorrupsiemeester Lang Hendrik van den Berg, te probeer regruk.
‘n Geheime komitee is destyds saamgestel bestaande uit Mandela, Kobie Coetzee en Niel Barnard, wat later na ‘n ontmoeting van Mandela en PW gelei het. Allister Sparks van die Rand Daily Mail skryf oor Barnard: “Só opgewonde was Barnard oor die ontmoeting dat hy sekondes voor Mandela en PW hande geskud het, op sy knieë was om Mandela se skoenveters vas te maak.” Jammer dat Mandela toe nie vir jou ‘n possie gegee het nie doktor Niel, maar selfs dubbelspioene duik in die hek né!
Daar is die afgelope tyd in die media heelwat aandag geskenk aan die wyse waarop die land aan die Swart terroriste by Kodesa oorhandig is. Daar is verwyte heen en weer geslinger oor baie aspekte, ook oor vrywaring teen vervolging van die veiligheidsmagte wat nooit gedoen is nie, en ook gepraat oor die huidige misdaadtoestand in die land wat dalk anders kon wees indien die onderhandelinge beter beplan en hanteer is deur die NP. Al sien Sakkie nie hoe dit beter kon wees nie al sou die NP ook wát anders gedoen het want ‘n mens onderhandel nie met ‘n Swarte nie, nog minder vertrou jy sy woord, was daar darem ‘n poging deur die verneukte ou PW om Mandela geweld te laat afsweer voordat hy vrygelaat word. Wel in die wiele gery deur ene 'doktor', maar darem.
Van hierdie gesprek is daar ‘n bandopname gemaak wat deur Niel Barnard vernietig is kwansuis omdat “dit in belang van die land sou wees.” Was dit juis omdat PW vir Mandela geweld laat afsweer het op daardie band? Die vermetelheid wat Barnard hiermee geopenbaar het is uitgepluis deur PW in ‘n ander bandopname waarvan hy afskrifte aan FW, Andries Treurnicht, regter Piet van der Walt en verskeie joernaliste gegee het.
PW was woedend toe hy uitvind dat die Mandela-band vernietig is aangesien hy dit uiters waardevol beskou het as geskiedkundige stuk wat hy saam met ander dokumentasie rakende sy politieke loopbaan aan die Instituut vir Eietydse Geskiedenis (INEG) in Bloemfontein wou gee. Dié band is saam met ander sekerheidsdokumente deur kommandeur Ters Ehlers, PW se privaatsekretaris, aan NI oorhandig toe PW uit sy amp as staatspresident getree het.
PW het vir twee jaar gesukkel om Barnard in die hande te kry. Hy vertel aan ‘n joernalis: “Volgens Nasionale Intelligensie se persverklaring van 18 November 1991 is die bandopname deur die staatspresident se kantoorpersoneel op 15 Augustus 1989 aan die hoof van NI oorhandig. Na etlike telefoniese pogings deur my, ná my aftrede, om die band of ‘n transkripsie te verkry, het dr Barnard eers op 19 Februarie 1990 per brief gereageer.”
In die brief waarsku Barnard nogal vir PW dat sy weergawe van die gesprek met Mandela ingevolge die Wet op Beveiliging van Inligting, Wet 84 van 1982, as uiters geheim verklaar is. Barnard het ook sy brief aan PW as ‘uiters geheim’ beskou en dit duidelik op elke bladsy aangedui. “Ek wil u beleefd daarop wys dat die inhoud van hierdie notule onderhewig is aan die bepaling van die wet”, waarsku Barnard vir PW, en dan vervolg sý weergawe van die gesprek tussen Mandela en PW, te lank om nou hier aan te haal maar klaarblyklik ‘n opsomming van die gesprek.
In Oktober 1991 betrek PW vir FW wie vir Barnard forseer om PW te gaan sien. Toe het die glibberige Barnard geen uitweg meer as om in sy motor te klim en die pad te vat na die Suid-Kaap nie.
Ons haal woordeliks aan uit ‘n afskrif van PW se bandopname met Niel Barnard, waaruit dit duidelik blyk hoe korrup die NP was, hoe hulle teen mekaar gewerk, gespioeneer en mekaar verraai het, ook diegene wie vertrou is met die hoogste geheime inligting soos Barnard, en dit om ‘n terroris uit die tronk te laat haal en president te maak.
PW: Welkom nogmaals. Ek het een begeerte en dit is om die bandopname of ‘n behoorlike afskrif van die bandopname van die gesprek tussen my en meneer Mandela, waarby u teenwoordig was, beskikbaar te hê. My lewe word te boek gestel op grond van dokumentasie wat by INEG is, waarmee u ook vertroud is, en dit is ‘n essensiële deel daarvan dat daardie gesprek beskikbaar gestel word.
U het ‘n opsomming van ‘n notule wat u sê u geskryf het my laat toekom, die brief het ek hier, ek kan u wys. Maar ek kan geen behoorlike afskrif kry van die bandopname nie. Konsekwent weier u departement en u weier om dit vir my te laat kry. Nou wil ek graag weet, wat is die redes?
NB: Baie dankie meneer, en dankie dat ek hier by meneer en mevrou kan wees. Sedert meneer my die eerste keer geskakel het ten opsigte van die band het ek dit aan u probeer verduidelik maar u het my nie die geleentheid gegee nie en ek is dankbaar dat u my vanoggend te woord staan. Die band is deur Geraldine Mosterd aan my oorhandig en op daardie stadium wat meneer my geskakel het, het die band nie meer bestaan nie en ek wil hê dat meneer dit moet aanvaar.
Ek het opdrag gegee dat die band vernietig moet word, en my oordeel was dat die feit dat so ‘n band bestaan, het ‘n bepaalde effek en kan ‘n bepaalde effek op die onderhandelingspolitiek hê.
PW: Wag nou, dat ek u in die rede val. U erken, u het die band ontvang?
NB: Ek het die band ontvang meneer
PW: Goed. Dan nog dr Barnard, het u ‘n afskrif gemaak van wat op die band staan?
NB: Nee meneer, ons het nie ‘n afskrif gemaak van wat op die band staan nie. Ons het nie die band, soos wat ‘n mens sê, getranskribeer nie.
PW: Maar watter reg het u gehad om ‘n stuk wat aan my behoort tot niet te laat gaan? U erken met ander woorde u het die band vernietig. U het nie ‘n afskrif gemaak van ‘n uiters belangrike gesprek wat ek gehad het met Mandela nie?
NB: Ek het dit nie laat transkribeer nie.
PW: U het dit nie laat transkribeer nie. Met ander woorde, u het u plig verwaarloos teenoor my. Sal u dit erken of ontken, sodat dit op die band kom.
NB: Meneer, kan ek net verduidelik? Ek wil nie met u daaroor argumenteer nie.
PW: Ons het nou met feite te doen. Sê vir my, die band is deur my kantoor aan u oorhandig?
NB: Dis reg meneer.
PW: Die band is deur my kantoor aan u oorhandig en u is bewus daarvan dat daar so ‘n opname is?
NB: Ja meneer.
PW: U was bewus daarvan, goed. Daardie band het u in ontvangs geneem. U het nie, as verantwoordelike amptenaar wat jare met my in vertroue gewerk het, sover gegaan as om wat op die band was te transkribeer nie.
NB: Nee meneer, ons het dit nie getranskribeer nie.
PW: Goed, nou wil ek verder van u weet, was dit nie gewoonte dat u sulke belangrike goed laat transkribeer nie?
NB: Meneer, ons het nie al die gesprekke laat transkribeer nie. Maar dit was ‘n belangrike gesprek en dit kan ‘n verkeerder benadering...
PW: Dit was dié belangrike gesprek. Vir die eerste keer van al die jare wat Mandela in die tronk was, was dit dié belangrike aspek. Is dit waar?
NB: Dit was ‘n baie belangrike gesprek meneer.
PW: En u het in gebreke gebly om die band te hou. U het hom vernietig sonder om vir my daarvan kennis te gee. Is dit korrek?
NB: Dis reg meneer.
PW: U het ook nie ‘n transkripsie laat maak nie, sonder om vir my kennis te gee. Is dit korrek?
NB: Dit is reg.
PW: Met ander woorde u het my geïgnoreer, terwyl dit my band was, en my dokument, het u in gebreke gebly.
NB: Ek het nie vir u gesê nie.
PW: Goed. U het nie vir my gesê nie. Toe gaan u en u skryf ‘n vinnige, klein, uit u geheue uit, notule van wat daar gehou is.
NB: Nee meneer, mag ek net daaroor...
PW: Ja, ja, u moet hard praat, want hier is ‘n band.
NB: Nee goed meneer. Ek het nie op daardie stadium ‘n notule geskryf nie. Ek het nadat ek teruggekom het, self ‘n notule geskryf want ek het die band van u onthou, baie lank ná die gesprek het ek hom eers ontvang. Ek het nie die band ontvang onmiddellik na die gesprek plaasgevind het nie. Ek het nadat die gesprek tussen u en Mandela plaasgevind het, ‘n notule daarvan geskryf. U sal onthou dat ek aantekeninge daarvan gemaak het en dit is die weergawe daarvan wat ek aan u gestuur het.
PW: Hoekom het julle die band vernietig?
NB: Meneer, ek het geoordeel op daardie stadium dat as die bestaan van so ‘n band bekend gemaak word, ‘n bandopname wat gemaak is waarvan meneer Mandela nie ingelig was nie, ‘n bepaalde effek sou hê en in nasionale belang het ek geoordeel dat dit nie goed is dat die bestaan van so ‘n band openbaar gemaak word nie.
PW: Hoekom het u nie hierheen gekom en my kom inlig nie? Het u nie vertroue in my gehad nie? Hoekom het u my nie kom inlig nie dr Barnard? U het mos geweet waar ek bly. Ek vra, u het geweet waar ek bly?
NB: Ja meneer, ek het geweet.
PW: U kon mos maar vir my gebel het en gesê het: ‘Meneer, ons vernietig daardie band.’ Het u dit gedoen?
NB: Nee meneer.
PW: U het dit nie gedoen nie. U kon vir my ‘n briefie geskryf het om te sê u vernietig dit. Het u dit gedoen?
NB: Nee, ek het nie.
PW: U het dit nie gedoen nie. Nou goed. U vernietig eers die band sonder om my te sê u het hom vernietig. U maak nie ‘n transkripsie nie, sonder om vir my te sê dat u nie ‘n transkripsie maak nie. U laat my uit. Waarom het u u rug op my gedraai na soveel jaar van vertroue wat tussen ons twee bestaan het? Kyk my in die oë en sê vir my.
NB: Meneer, kan ek vir u regtig sê, omdat ek in u belang geoordeel het dat dit nie in meneer se belang sou wees as dit bekend sou word dat so ‘n band gemaak sou word sonder Mandela se medewete nie.
PW: Hy was ‘n gevangene dr Barnard, ek het die reg gehad om ‘n gevangene se bandopname te maak. Het ek nie?
NB: Meneer, ek verskil daaroor maar...
PW: O, nou verskil u vir die eerste keer. Vir die eerste keer in al die jare wat u gehelp het om bandopnames te laat maak in my kantoor. Ek vra dit: was u bewus daarvan dat daar bandopnames in die staatspresident se kantoor gemaak is?
NB: Ons was bewus daarvan meneer.
PW: Word daar nou nog bandopnamesgemaak in die staatspresidents se kantoor?
NB: Nee, daarvan weet ek nie.
PW: U weet nie, maar u weet dat daar bandopnames gemaak was tussen my en die leier van die opposisie?
NB: Meneer, kan ek net verduidelik? Ons was verantwoordelik om die bandopname-apparaat in meneer se kantoor te installeer soos in ander plekke ook. Maar van gesprekke en wie se gesprekke wat op band geneem is, was ons seker nie bewus nie.
PW: Goed. Maar u was bewus dat so ‘n band wel bestaan?
NB: Ja meneer, ek was bewus daarvan.
PW: En u was bewus daarvan dat ek baie sterk standpunt teenoor Mandela ingeneem het daardie dag? Ek wil dit eers weet.
NB: Ja meneer.
PW: Doktor, u moet nou hard praat, u moet nie sag praat nie. Was u bewus daarvan dat ek vir Mandela gesê het hy moet geweld staak?
NB: Ja meneer, dit staan ook in die verslag wat ek geskryf het, meer volledig...
PW: Het ek daarna vir u gesê dat hierdie verslag is nie ‘n getroue weergawe van hoe sterk standpunt ek ingeneem het nie?
NB: Meneer, u het ‘n brief aan my geskryf waarin u vir my gesê het, as ek die sin reg kan onthou: ‘Ek is onder die indruk dat ek die saak van die Afrikaner baie sterker gestel het as wat jy in jou notule kon skryf.’
PW: Dis reg. En het ek nie? Jy was mos teenwoordig.
NB: Meneer, ek het nou nie in detail op daardie verslag van my ingegaan oor hoe sterk u die saak van die Afrikaner gestel het nie, en ek het nou nie voordat ek gekom het weer na daardie verslag gekyk nie. Maar ek het geskrywe in daardie verslag, u het hom meegedeel dat die Afrikaner moet nie vertrap word in die politieke toekoms van Suid-Afrika nie.
PW: En dat hy geweld moet afsweer.
NB: Dis reg meneer, en dit het ek in die verslag geskryf.
PW: Baie liggies ja. Jy het ‘n swak verslag geskryf van die gesprek, maar daar is getuies. En u kon mos om my tevrede te stel nadat ek vir meer as ‘n jaar geworstel het om hierdie ding uit u te kry, kon u mos na meneer Kobie Coetzee toe gegaan het en na generaal Willemse (korrektiewe dienste) en gesê het: ‘Kom ons stuur vir meneer Botha ‘n gewaarmerkte afskrif van wat daar gebeur het.’ Kon u dit nie gedoen het nie?
NB: Ek kon dit gedoen het.
PW: Hoekom het u dit nie gedoen nie? U het mos al die jare ‘n verpligting teenoor my gehad, nie net as amptenaar nie maar as ‘n vriend. U het u voorgehou as vriend van my. Was u ‘n vriend van my?
NB: Ek was, meneer Botha.
PW: Maar jy is nie meer nie?
NB: Nee meneer, ek stem nie daarmee saam nie. Ek stem glad nie daarmee saam nie.
PW: Wat het gebeur dr Barnard, dat u nie u verpligtinge teenoor my nagekom het nie? Ek wil dit vanmôre weet.
NB: Meneer, maar ek het mos nou net vir u verduidelik waarom ek die band vernietig het. Ek die band vernietig omdat ek...
PW: Sonder om my te ken. U sê u het die band vernietig omdat u my wou beskerm. Maar u wil hê ek moet dit glo en terselfdertyd erken u... maar daar was mos fotos geneem! Was daar nie fotos geneem nie? Daar was fotos geneem in u teenwoordigheid. U verskyn ook op die fotos. Ek het die fotos en u verskyn daarop. En meneer Kobie Coetzee, is dit waar? En generaal Willemse verskyn op die fotos, is dit waar?
NB: Ja meneer.
PW: En Ters Ehlers het die bandopname gemaak en toegesien dat die band aan u oorhandig word. Is dit korrek?
NB: Ja, die band is aan my oorhandig, ek het mos nou net so gesê.
PW: Deur juffrou Mosterd wat nog in u diens is. Maar u gaan vernietig die band. Dr Barnard, u moet vir my ja of nee sê. U vernietig daarna al hierdie feite... vernietig u die band sonder om my te raadpleeg.
NB: Meneer, dit is korrek, ek het u nie geraadpleeg nie.
PW: Goed. Dit is u vriendskap, sien.
En so het PW nog vir ure lank ons held van vandag, doktor Niel Barnard gekasty, vir hom gesê hy moet ophou om hom dom te hou, en eindelik afgesluit met:
PW: Ek verdink jou departement dat hulle my nie met jou wou in aanraking stel nie. Met ander woorde, ek glo niks wat jy sê nie dr Barnard. Ek het jou ingebring in Nasionale Intelligensie omdat julle ‘n korrupte departement was en jy weet dit. Ek het jou ingebring met ‘n opdrag dat jy hierdie departement moet regruk en moet saamwerk met ander intelligensie-departemente.
En vir tien jaar was jy by my en vir tien jaar het ek jou geglo. En ‘n rukkie voordat ek geloop het die dag, het ek vir meneer De Klerk gesê jy kan dr Barnard vertrou. En vir twee jaar het jy in gebreke gebly om weer met my kontak te maak terwyl ek jou herhaalde kere probeer nader het, tevergeefs.
Nou ja, dit was nie net PW wat kwaad was nie, die land se historici was erg omgekrap oor Barnard se eiegeregtigheid om die Mandela-band te vernietig. Die Raad van die SA Historiese Vereniging het hulle ten sterkste uitgespreek daarteen. Ook prof Piet van der Schyff, hoogleraar in geskiedenis aan die Potchefstroomse Universiteit, het gesê dat die behoud van historiese bronne vir die geskiedskrywing ‘n saak van nasionale belang is.
Maar min het Van der Schyff en al die ander historici besef hoeveel tonne uiters belangrike dokumentasie van Suid-Afrika se veelbewoë geskiedenis in die jare wat sou kom, deur intelligensie-departemente vernietig sou word om die verraad binne en buite die NP te probeer wegsteek.
