1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9295914

Besoekers aanlyn

Ons het 119 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WATTER GEES LEEF DAAR IN U?

GeloofIn die politiek hoor ‘n mens dikwels die versugting, waarom laat God dit toe dat al hierdie dinge met ons volk gebeur? Miskien moet ons liewer na aanleiding van die twee hoofstukke uit die Woord van God vir onsself vra, watter gees leef daar in my? Kom ons doen ‘n bietjie self ondersoek en kyk of ons nie die antwoord wat so openlik daar opgeteken is kan raaksien en dan ons geloof, ons volharding en sommer ook ons gewilligheid ondersoek wat saam met die stroom, diegene met ‘n volhardende en behoudende "ander" gees wil stenig nie!

NÚMERI 14

24Maar my kneg Kaleb, omdat 'n ander gees in hom was…..

1TOE het die hele vergadering uitgeroep — hulle het hul stem verhef, en die volk het dié nag geween.

2En al die kinders van Israel het gemurmureer teen Moses en teen Aäron, en die hele vergadering het aan hulle gesê: Ag, as ons maar in Egipteland gesterf het! Of as ons maar hier in die woestyn gesterf het!

3En waarom bring die Here ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?

4En hulle sê vir mekaar: Laat ons 'n hoof aanstel en na Egipte teruggaan.

5Toe het Moses en Aäron op hulle aangesig geval voor die hele vergadering van die gemeente van die kinders van Israel.

6En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur

7en die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Die land wat ons deurgetrek het om dit te verken, is 'n buitengewoon goeie land.

8As die Here 'n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.

9Wees net nie teen die Here opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die Here is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!

10 Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die Here het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.

11Daarop het die Here aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?

12Ek sal hulle met die pes tref en hulle uitroei; en Ek sal jou 'n groter en sterker nasie maak as hulle.

13Toe het Moses aan die Here gesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het

14en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, Here, in die midde van hierdie volk is; dat U, Here, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in 'n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in 'n vuurkolom by nag.

15As U nou hierdie volk soos een man ombring, dan sal die nasies wat die tyding aangaande U gehoor het, spreek en sê:

16Omdat die Here hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met 'n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.

17Laat dan nou tog die krag van die Here groot word, soos U gespreek het deur te sê:

18Die Here is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

19 Vergeef tog die ongeregtigheid van hierdie volk na die grootheid van u goedertierenheid, en soos U hierdie volk van Egipte af tot hiertoe vergewe het.

20Toe sê die Here: Ek vergewe, volgens jou woord.

21Maar so waar as Ek leef en die hele aarde van die Here se heerlikheid vol sal word,

22 al die manne wat my heerlikheid en my tekens gesien het wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, en My nou al tien maal versoek het en na my stem nie geluister het nie,

23 hulle sal die land nie sien wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het nie, ja, almal wat My verag het, sal dit nie sien nie.

24 Maar my kneg Kaleb, omdat 'n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg — hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.

25 Die Amalekiete en die Kanaäniete woon in die laagte — draai môre weg en trek tog die woestyn in, op pad na die Skelfsee.

26 Daarna het die Here met Moses en Aäron gespreek en gesê:

27   Hoe lank sal hierdie bose vergadering aanhou dat hulle teen My murmureer? Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor waarmee hulle teen My bly murmureer.

28 Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.

29Julle lyke sal in hierdie woestyn lê, naamlik al julle geteldes, volgens julle volle getal, van twintig jaar oud en daarbo, julle wat teen My gemurmureer het.

30Waarlik, júlle sal nie in die land kom waaroor Ek my hand opgehef het om julle daarin te laat woon nie, behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

31 En julle kinders waarvan julle gesê het: Hulle sal 'n buit word — dié sal Ek inbring en dié sal die land leer ken wat julle verwerp het.

32Maar júlle lyke sal in hierdie woestyn lê.

33 En julle kinders sal soos herders rondtrek in die woestyn, veertig jaar lank, en sal so die gevolge van julle hoerery dra totdat julle lyke in die woestyn verteer is.

34 Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teëstand gewaar word.

35Ek, die Here, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.

36 En die manne wat Moses gestuur het om die land te verken en wat ná hulle terugkoms die hele vergadering teen hom laat murmureer het deur 'n slegte gerug aangaande die land te versprei,

37die manne wat 'n slegte gerug aangaande die land versprei het, het gesterwe deur 'n plaag voor die aangesig van die Here.

38 Maar van dié manne wat die land gaan verken het, het Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, in die lewe gebly.

39En toe Moses hierdie woorde aan al die kinders van Israel gesê het, het die volk baie getreur

40en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die Here gesê het, want ons het gesondig.

41Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die Here, aangesien dit tog nie sal geluk nie?

42 Moenie optrek nie, want die Here is nie in julle midde nie — anders word julle verslaan voor julle vyande.

43Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die Here afvallig geword het, daarom sal die Here nie met julle wees nie.

44 Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die Here en Moses het nie uit die laer gewyk nie.

45Toe het die Amalekiete en die Kanaäniete wat in dié gebergte woonagtig was, afgekom en hulle verslaan en hulle verstrooi tot by Horma.

JOSUA 14

Kaleb ontvang Hebron vir homself.

1EN dit is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kanaän ontvang het, wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het

2 deur verloting van hulle erfdeel, soos die Here deur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en 'n halwe stam.

3 Want Moses het die erfdeel van die twee en 'n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.

4 Want die kinders van Josef was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed.

5 Soos die Here Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen en die land verdeel.

6Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat die Here met Moses, die man van God in Kades-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.

7Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die Here, my uitgestuur het van Kades-Barnéa af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;

8maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om die Here my God te volg.

9En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die Here my God te volg.

10En nou, kyk, die Here het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf-en-veertig jaar sedert die Here hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf-en-tagtig jaar oud;

11 ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan.

12Gee my dan nou hierdie bergland waarvan die Here daardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáár Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die Here met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die Here gespreek het.

13Toe het Josua hom geseën en aan Kaleb, die seun van Jefúnne, Hebron as erfdeel gegee.

14Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die Here, die God van Israel, te volg.

15En die naam van Hebron was tevore stad van Arba; hy was die grootste man onder die Enakiete. En die land het gerus van oorlog.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie