1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
8122587

Besoekers aanlyn

Ons het 47 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

VIR POLITIEKE RIGTING IN SUID AFRIKA …OP PAD NA 2023

VERNIETIGING VAN EIENDOM TYDENS DIE ABOIn terugskouing vir die oningeligtes, is dit noodsaaklik om nou en dan om te draai en terug te kyk op jou spoor, teneinde vas te stel hoe jy uitgekom het waar jy jou nou bevind. In ‘n beknopte dog uiters geskiedkundig waardevolle opsomming, plaas die AVP met erkenning aan Gelofteland hierdie onderstaande artikel oor die verloop van ons volk se stryd sedert die 1899 oorlog teen Brittanje, die vredesluiting in 1902 en die verloop daarna tot vandag toe, met die name van die hedendaagse verraaiers, hensoppers en joiners sodat ons nie sal vergeet nie!

VERRAAIERS EN JOINERS

In enige volk se bestaan is oorlog onvermydelik. Soms is daardie stryd nie van militêre aard – soos wanneer konvensionele oorlog gevoer word nie – maar altyd is dit ‘n oorlewingstryd wat die voortbestaan van volke bepaal.

As Afrikanervolk is ons geensins onbekend met hierdie verskynsel nie. Ons het inderdaad in 1994 reeds vir ‘n derde maal ons vryheid verloor. Daar is ‘n voortdurende aanslag – veral vanuit Brittanje - om die Afrikanervolk se reg om oor homself te regeer van hom te ontneem.

In al hierdie oorlogstryd wat gevoer word, hetsy dit van militêre of politieke aard is, is daar die ewige verskynsel van “joiners”, pasifiste en verraaiers. Hierdie verraderlike verskynsel vind mens in enige stryd en wel vanweë ‘n verskeidenheid redes. Persone wat hul hieraan skuldig maak is gewoonlik:

  • selfsugtige, egosentriese individue wat altyd eiebelang voor volksbelang plaas
  • lafaards – hulle sien nie kans vir die opofferings wat die stryd eis nie – ons het hulle altyd die meide genoem
  • mense wat hulleself ver verwyderd van die kern van ‘n volk bevind; hulle beweeg gewoonlik op die buitenste periferie van die volk waarin hulle gebore is se konsentriese kringe, vanwaar hulle hulself maklik afskil van die volk. Hulle verloën hul volkskap vanweë ‘n gebrek aan ‘n gevoel van nasionalisme

As ons terugdink aan die Tweede Vryheidsoorlog wat in 1899 begin het, dan onthou ons die pasifiste wat, eerder as om soos die res van hul volksgenote die wapen op te neem teen die gulsige Britte wat hul kloue op ons land se goudreserwes wou lê, die geleentheid gesien het om hulleself mateloos te verryk. Terwyl die meeste van hulle volksgenote doodsveragtend die gevaar teen ‘n oormag getrotseer het, was dit vir hulle baie lonend om perde, voer en proviand aan die vyand te verskaf.

Dan was daar natuurlik die veragtelike joiners wat hulle weg oopgesien het om by die geledere van ons vyand aan te sluit. Vir hulle was die uiterste ongerief van ‘n oorlog sonder die nodige middele onhoudbaar en het hulle eerder gekies om teen hulle eie makkers te draai – dikwels met selfregverdiging om hulle eie gewetens te sus. (Sien ons hierdie nie al te dikwels in ons hedendaagse politiek nie!)

En dan natuurlik die verraaiers. Daardie siele wat hulleself aan die vyand se kant geskaar het en aktief meegewerk het aan die onderwerping van hul eie mense aan die volksvyande. Verraad teen jou eie volk is ALTYD hoogverraad en daarom strafbaar met die dood.

Nou is daar maar eenmaal ‘n progressie te bespeur wat feitlik sonder uitsondering plaasvind. Die vrede-prater, die pasifis en die joiner bevind hulleself algou in die geselskap van die volksverraaiers. As voorbeeld hiervan spreek generaals Smuts en Botha baie duidelik tydens en ná die Tweede Vryheidsoorlog. Met die sluiting van die Vrede van Vereeniging in 1902 was hulle die vrede-praters wat die vegtende bittereinder-generaals probeer oorhaal het om die stryd te staak en oor te gee. Hierdie manne het uiteindelik ingestem, maar op voorwaarde dat die volk, by die eerste moontlike geleentheid, weer sy vryheid sou terugneem.

Die vrede-praters Smuts en Botha het egter ná hul toenadering tot die Britte só gemaklik by die vyand geraak dat hulle baie gou van hierdie onderneming vergeet het. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog skaars 12 jaar later – wat natuurlik die ideale geleentheid gebied het om die Engelse juk af te werp – het hulle nie net hiervan teruggedeins nie, nee, hulle het selfs ingestem om sáám met Brittanje te veg! Dít, net meer as ‘n dekade nadat die Britte meer as 30 000 Afrikanervroue en -kinders in die konsentrasiekampe vermoor het, ons plase en woonhuise afgebrand het en al ons Boere se landerye en vee vernietig het. Ten spyte van dringende oproepe deur helde soos generaal De la Rey om hulle aan daardie onderneming te hou, het Smuts en kie hulle nie net hieraan afgevee nie, hulle het die ondenkbare gedoen: hulle het die wapen opgeneem teen hulle eie volksgenote wat skaars 12 jaar gelede saam met hulle geveg het. En dit ter wille van die belang van Engeland wat die grofste oorlogsmisdade teen ons volk gepleeg het, bid jou dit aan! Van vrede-praters tot volslae volksverraaiers in ‘n skamele twaalf jaar.

Terug in die hede is dit ongelukkig baie maklik om die verraaiers in ons midde te identifiseer. Die ewige kanker is steeds met ons. En natuurlik is FW de Klerk die naam wat onmiddellik in elke volksnasionalis se gedagtes opkom. Ja, saam met Pik Botha, Roelf Meyer en die res van die NP-leiding het hulle direkte hoogverraad teen ons volk gepleeg. Sonder ‘n finale toestemming vanaf die Blankes (al is hulle so ‘n geleentheid beloof) is ons politieke mag sonder slag of stoot aan ‘n sukkelende terroristebende oorhandig.

Maar saam met hulle, ‘n hele gebroedsel van kerkleiers, intellektuele en joernaliste wat meegehelp het om ‘n gladde weggee van mag te verseker.

Dink hier byvoorbeeld aan Wimpie de Klerk en Piet Cillié wat - toe die ANC nog ‘n verbanne organisasie was - reeds met hulle geheime samesprekings gaan voer het in Londen (hoofstad van ons aartsvyand).

NG-kerk moderator Johan Heyns, Tjaart van der Walt, voormalige rektor van die Puk en vele ander kan by die lang lys van verraaiers gevoeg word.

En watter diep verraad het nie plaasgevind vanuit “regse” kringe nie. Toe die algemene verkiesing van 1981 ‘n dramatiese swaai na regs aantoon, word verskeie setels naelskraap deur die NP behou. Hierdie dramatiese swaai weg van die Nasionale Party, as gevolg van die verwerping deur die kiesers van ‘n beleid van magsdeling en afskaffing van apartheid was die katalisator vir die ontstaan van die “regse” Konserwatiewe Party (KP). Met manteldraaier Andries Treurnicht (oud-predikant) as leier. Tot op daardie punt het hy geen beswaar geopper teen die verloopte pad van die NP-regering waarvan hy ‘n kabinetslid was nie – maar toe sy setel in gevaar kom en die kiesers teen die afdwaling begin draai, was hy natuurlik dadelik gereed om leier te word van ‘n nuwe “regse” party. In retrospek kan duidelik gesien word dat die stigting van die KP instrumenteel was in die verlenging van die NP bewind se lewe. Dit het vir die regering tyd gekoop om die mag aan die ANC te kan oorhandig. Waar is die KP, die “wenparty” vandag? Toe sy doel uitgedien is nadat honderde duisende Afrikaners deur hulle mislei is, verdwyn die KP soos mis voor die son...

Na Treurnicht word Ferdi Hartzenberg partyleier. Later sou dit bekend word dat hy in 1993, een jaar voor die magsoorgawe, opdrag gegee het dat “regse” landbouleiers geheime samesprekings met topfigure in die ANC by ‘n Pretoriase duiwe-klub voer. Hiertydens gee hulle aan die ANC die versekering dat hulle gewapende verset deur die boere sou voorkom in ruil vir die versekering van die ANC dat die boere se grondeienaarskap gewaarborg word. Bid jou dit aan – vat die hele land, waarborg ons net dat ons ons plase kan behou!

Op dieselfde wyse verskyn twee weermag-generaals skielik op die politieke toneel, kort voor die verraderlike oorgawe deur die NP-regering. Constand Viljoen (voormalige hoof van die weermag) en Tienie Groenewald (skrywer van FW de Klerk se Rooi Vrydag toespraak) is skielik die manne wat met gewapende opstand sal voorkom dat die oordrag van die politieke mag met die verkiesing van 1994 sal plaasvind. Maar wat maak hulle? Net enkele maande voor die 1994-verkiesing (wat hulle met wapengeweld sou voorkom) registreer hulle die Vryheidsfront en neem self aan die verkiesing deel! Nogeens is derduisende goedgeaarde Afrikanernasionaliste effektief om die bos gelei, en is in die doel geslaag om ‘n gladde magsoorgawe deur hulle verraad te laat plaasvind.

‘n Belangrike toets in die Suid-Afrikaanse politiek is mediadekking of gebrek daaraan. Enige organisasie wat prominente mediadekking geniet (gunstig en selfs ongunstig) dop outomaties die toets van ‘n ware nasionalistiese volksorganisasie. Dis daardie organisasies wat glad geen mediadekking ontvang nie wat die eintlike verteenwoordiger van die patriotiese Afrikaner is. Hulle word met ‘n goeie rede doodgeswyg – die volk moet van hulle geen kennis neem nie, asof hulle nie eens bestaan nie. So pas ons die toets toe op die “Wenparty” van destyds, wat onophoudelike voorblad-beriggewing en SAUK-nuusbulletin-dekking geniet het. Hulle is prominensie verleen ten einde die volk te mislei. U kan op dieselfde wyse die toets aanwend vandag – so sal u sonder twyfel kan bepaal dat organisasies soos Afriforum en Solidariteit geensins vriende van die volk is nie, al word hulle deur die media voorgehou as dié wat hulle vir volksbelang beywer. U kan hierdie onfeilbare toets vertrou. Ten spyte van die beeld wat hulle voorhou as “regse” organisasies wat volksbelang najaag het hulle ware kleure reeds begin wys en sal steeds meer en meer aan die lig kom.

Vanweë eiebelang, vanweë die feit dat die eise van die stryd vir hierdie mense te hoog is, (die soustrein ry darem só lekker, vra maar enige Vryheidsfront-parlementariër), sal die joiner en verraaier sy verraderlikhede voortsit. Julle leiers wéét waarmee julle besig is. Julle mislei die volk. Julle uitsluitlike doel is om ‘n ware regse opstand te voorkom. Julle paai die volk om te glo dat daar geen salf aan ons situasie te smeer is nie – dat ons nou maar eenmaal ‘n oorwonne volk is en nou maar net moet probeer om die beste van ‘n slegte saak te maak.

Wees gewaarsku ... die tyd kom nader ... ten spyte van julle slim plannetjies en duistere gekonkel. Wanneer die onstuitbare krag van nasionalisme in beweging kom en die Heer ons volk herstel as regmatige eienaars van hierdie land, sal julle vir hoogverraad aangekla en gefusilleer word!

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie