1 2 3c

Totale besoekerstal

Artikels vertoon Trefslae
9284635

Besoekers aanlyn

Ons het 69 gaste en geen lede aanlyn

 

  Videos en Toesprake

St Helena projek 200

Teken aan

Afrikaner

WIE HET DR HF VERWOERD VERMOOR? (6 SEPTEMBER 1966)

Dr. H.F. VerwoerdGepubliseer op 06 September 2014 | Geskryf deur GAWIE |  |  | Trefslae: 4005

Hoewel hierdie artikel al vantevore op ons webblad verskyn het, is dit noodsaaklik dat daar weer en weer na gekyk word sodat die werklikheid en veral die waarheid nie verlore sal gaan nie. Die moord op dr. Verwoerd se oorsaak en gevolg is die ellende wat die Afrikanervolk vandag beleef en daarom belangrik dat ons terwille van ons toekoms nie die verlede sal vergeet nie. 

Indien die boekie van dr. John Coleman, CONSPIRATORS' HIERARCHY: THE STORY OF THE COMMITTEE OF 300met aandag gelees word in ons vorige plasing, is dit duidelik dat die aanslag op Dr. Verwoerd se lewe allereers die bedreiging van nasionalisme vir die “Een Wêreld Regering” oftewel die Nuwe Wêreld Orde was! ‘n Verskynsel in die politieke wêreld wat destyds selfs internasionaal nog grootliks onbekend was.

Namate die sameswering in die stryd van die duister teen die lig se oogmerke al meer na die oppervlak kom, word ook die voormalige Afrikanerleiers, maar in besonder dr. Verwoerd se politieke insig al duideliker. Die uitwerking wat ons by verlies en dienooreenkomstige afwatering en uiteindelike afwyking van sy beleid op ons land en volk gehad het, is onteenseglik duidelik. ‘n Mens staan verbysterd dat daar van ons eie mense is wat dit nie wil raaksien nie!

 

Dr HF Verwoerd, voormalige eerste minister van die Republiek van Suid-Afrika, is sowat 48 jaar gelede vermoor. Vir baie is dit ‘n afgehandelde saak. Word die beskikbare bronne oor die sluipmoord egter nagegaan en die saak nagevors, is dit baie duidelik dat daar meer vrae as antwoorde is oor hierdie dramatiese gebeure. Daar kan trouens geen twyfel wees dat die werklike moordenaars van dr Verwoerd nooit aan die kaak gestel is nie. En omdat dit so is, besef meeste Afrikaners steeds nie waarom ons sedert 1966 in ‘n proses van geleidelike oorgawe aan ‘n onbevoegde terroristebende uitgelewer is nie.  

Maar het Tsafendas dan nie vir Dr. Verwoerd vermoor nie?

Ja, hy het wel die messteke (op kundige wyse) toegedien. Maar net soos Lee Harvey Oswald nie vir president John F Kennedy vermoor het nie en John Wilkes Booth nie vir president Abraham Lincoln nie, so het Tsafendas nie vir Verwoerd vermoor nie. Tsafendas was gestuur. En om die vraag te beantwoord wie Tsafendas gestuur het, is makliker as wat aanvanklik gedink was.

Die belangrikste vraag wat by enige politieke sluipmoord gevra moet word, en wat die identiteit van die moordenaars sal vasstel, is wie die grootste voordeel uit daardie sluipmoord getrek het. Dit is dan ook die vraag wat gevra moet word by die moord op dr Verwoerd.

 

Dr Verwoerd was die een en enigste eerste minister wat as Afrikanernasionalis onverskrokke en uitdagend die vyand van die nasionalisme tromp-op geloop het.  Hy het die Britse Statebond op hulle plek gesit, hy het die Sionisties-beheerde VSA deur middel van die hofsaak oor Suidwes-Afrika laat steier, hy het die Kommunisme ‘n gevoelige knou toegedien met die Rivonia-klopjag en het daardeur ‘n band tussen Blankes in hierdie land gesmee wat die Illuminati-Rothschild beheerde geldmagte in vrees en bewing gelaat het. Die feit is dat dr Verwoerd polities onoorwinbaar en onaantasbaar was in September 1966.

 

Daar was dus net een wyse waarop Verwoerd uit die weg geruim kon word en dit was om hom fisies uit die weg te ruim, dus om hom te vermoor. En soos dit so dikwels gebeur in die internasionale arena, word ‘n “geprogrammeerde” sluipmoordenaar gebruik. As hy boonop geestesversteurd is, is hy des te meer die ideale moordenaar. Want as so ‘n man nie sy verhoor kan “staan nie”, dan is dit so dat die man op straat gou daarin “berus” en word daar deur die massas nie verdere vrae gevra nie. Tsafendas was in alle opsigte die “ideale” moordenaar.

In 1972 verklaar dr Willie Visser, 'n sielkundige, dan ook dat 'n Dimitrio Tsafendas vir Verwoerd onder die dwang van intensiewe breinspoeling en sterk na-hipnotiese suggesties vermoor het. Wie was daarvoor verantwoordelik? Dr AV Bird, ‘n medikus, het in sy outobiografie Bird on the Wing  geskryf dat hy in vennootskap was met ‘n Jood, ‘n sekere dr Solly Jacobson. Laasgenoemde was 'n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en het Bird saamgesleep na SAKP-vergaderings. Betekenisvol meld Bird dat Jacobson reeds voor die aanslag op Verwoerd se lewe op 9 April 1960 deur David Beresford Pratt gestel het dat Verwoerd ‘n “bullet” gaan kry.

Hoe het Jacobson dit geweet?

 

David Pratt was, aldus Bird, 'n pasiënt van Jacobson en het Jacobson vir Pratt (tesame met advokaat Issy Maisels, nog ‘n Jood) inderhaas besoek na die eerste moord-aanslag op dr Verwoerd se lewe deur Pratt. Jacobson was glo bang dat Pratt onder “dwang” sekere erkennings sou maak. Dat Pratt later beskou is as “mal” en gevolglik ontoerekeningsvatbaar en boonop daarna selfmoord gepleeg het, is dalk nie so algemeen bekend nie, maar tog baie betekenisvol.

 

In 1964, na die Rivonia-klopjag, het Jacobson inderhaas die land verlaat omdat hy bang was dat hy self gearresteer kon word. Dus, hy was steeds besig met ondermynende aktiwiteite. Hy was daarna werksaam by die Brighton sielsieke hospitaal in Brittanje. Bird skryf dat Tsafendas 'n pasiënt was van Jacobson by gemelde hospitaal en het niemand anders nie as generaal (toe brigadier) Johan Coetzee dit beaam! Tsafendas het na sy ontslag daar later sy weg na Suid-Afrika gevind en werk as bode in die Parlement gekry. Terloops: Bird stel in sy boek dat generaal Coetzee nie alleen Hebreeus magtig was nie, maar ook 'n boek geskryf het oor die lewe van Leon Trotsky en 'n persoonlike vriend was van generaal Hoffe wat verbonde was aan die Israeliese Mossad.

Dat John Vorster binne ure na dr Verwoerd se dood gestel het dat die moord die werk van “’n alleenloper” was (alvorens enige ondersoek geloods is!) en boonop ‘n eenmankommissie aangestel het om die moord te ondersoek (wat hierdie werk kennelik verbrou het deur talle vrae onbeantwoord te laat), dui daarop dat die identiteit van Tsafendas se hanteerders (waarvan Jacobson maar één was), nie geopenbaar kon word nie.  Voormelde dui daarop dat die CIA, KGB, MI6, die Mossad en ook Vorster en Hendrik van der Berg (met al die bronne en hulpmiddele tot hulle beskikking) meer geweet het oor die sluipmoord op dr Verwoerd as wat algemeen in Suid-Afrika aanvaar word.

Wie sou dan vir Verwoerd vermoor het?

Net enkele kandidate was in staat daartoe en het ook die motief daarvoor gehad: Die Kommuniste, Brittanje en die Sionisties-beheerde geldmagte. En as ons verstaan dat hierdie magte almal kop in een mus is en vanuit dieselfde magsentrum opereer, dan behoort dit duidelik te wees dat die gesamentlike poging van hierdie magte die antwoord op die vraag verskaf.

As “minerale frats” was Suid-Afrika reeds in die 19de eeu die prooi van die internasionale imperialisme, toe nog gesetel in Brittanje. In hierdie verband lewer die boek van Martin Meredith (Diamonds, Gold and War: The British, the Boers, and the Making of South Africa) ‘n uiters interessante blik op hierdie grypsug van die geldmagte. Nie alleen het Paul Kruger dit baie goed ingesien nie, maar so ook dr Verwoerd. Gevolglik het eers Brittanje, en later die VSA en die Kommuniste elke poging denkbaar aangewend om Suid-Afrika aan hulle mag te onderwerp.

 

Dr Verwoerd wat hierdie gevaar, soos alle ander, die hoof wou bied, het in Januarie 1966 gestel dat die magskonsentrasies en monopolieë wat in ons land voorkom en van wesenlike gevaar word, bestry sal moet word. Die Hoek-verslag (opgestel deur professor Hoek) het aanbeveel dat hierdie magte ingekort moes word, dog is Verwoerd gestuit om die inhoud van hierdie verslag te openbaar en het Vorster geweier om iets aan die saak te doen! Prof Hoek is die ewige stilswye opgelê om die inhoud van hierdie verslag bekend te maak.  Die vraag is:  Waarom? Die antwoord daarop bring ons nader aan die moordenaars.

Wie het voordeel getrek uit die moord op dr Verwoerd?

 

Daar kan geen twyfel wees dat Dimitrio Tsafendas geen voordeel uit die moord kon trek nie. Hy het vir die res van sy lewe in gevangenskap verkeer. Sy “behandeling” het daarvoor gesorg. Dat Tsafendas 'n Kommunis was, is waar. En dat die Kommunisme voordeel kon trek uit opvolgende “leiers” wat net lippediens aan die stryd teen die Kommunisme bewys het, dog volledig in die hande van die Kommunisme gespeel het, is ook 'n feit.  Dat die Kommunisme dus langtermyn baat gevind het uit die dood van dr Verwoerd, is onteenseglik so. Maar dit vertel net ‘n deel van die verhaal.

Die Kommunisme se tande in hierdie land was vir alle praktiese doeleindes in 1964 met Rivonia getrek. Alleen kon hulle dit gevolglik nie vermag nie. Dit laat gevolglik net een ander kandidaat.

Die internasionale imperialisme, ja die Rothchild-beheerde geldmagte, het onbetwisbaar voordeel getrek uit dr Verwoerd se dood. Dit is hulle wat aan die kaak gestel sou word en hulle magte sou radikaal ingeperk word in Suid-Afrika. Dit sou waarskynlik op 6 September 1966 ‘n aanvang neem! Dr Verwoerd was die man wat gereed was om dit te doen. Dat hierdie magte vir dr Verwoerd dadelik moes elimineer, lei geen twyfel nie. Wat na die dood op dr Verwoerd gebeur het in Suid-Afrika is sprekende bewys daarvan dat hierdie geldmagte tevrede was met die verdere verloop van sake. Immers is daar nie weer gepoog om ‘n eerste minister te vermoor nie. Die kritiek op persone soos Vorster, Botha en De Klerk het hulle, jellievisse wat hulle was, net vinniger laat toegee.

 

Die geldmagte het onberekenbare voordeel getrek uit die sluipmoord op dr Verwoerd. Nie alleen het hulle ryke groter geword nie, maar het hulle uitsprake voor en veral ná die dood op dr Verwoerd, duidelik daarop gedui dat dr Verwoerd die een persoon was wat in die pad van die uitbreiding van hulle rykdom gestaan het.

Tsafendas het die suggestie (om te moor) by Jacobson vanuit Brittanje in die dae voor dr Verwoerd se dood gekry. Jacobson was ‘n Kommunis, woonagtig in Brittanje. Die  Kommunisme was sedert sy ontstaan niks anders nie as die revolusionêre werktuig van die internasionale geldmagte. Dit is hierdie geldmagte wat ons land vandag beheer. Dit is hulle wat dr Hendrik French Verwoerd vermoor het.

 s1

 d1

 sw1

 v1

Haat Spraak  

 

Volkstem Vorige Uitgawes Advertensie