Goeiemore Hannes, hartlik dank vir 'n inspirerende oordenking, gerig en sinvol be-oordeel vir die gees van ons tyd! Mag God ons hemelse Vader ons mense aanraak om daaraan blootgestel te word tot versterking, vermaning en opbouing in geloof in afwagting op Sy koms! Mag jy Sy seën ontvang en self gesterk word in volharding om die basuin te blaas vir almal wat wil hoor!
Vriendelike groete,
Oom Danie.
