Afrikaner

BARBAARSE MOORD, GEWELD EN VERBRANDING DIE AFRIKA OPLOSSING?

20 lyke naby OrkneyHoe verskil die "nuwe Suid Afrika", met letwel, die mees moderne "demokratiese grondwet", van Afrika? Die donker gedeelte van Afrika? Dit terwyl ons Afrika vir letterlik honderde jare as aanskouingsles gehad het op sterkte waarvan ons deur die wysheid van ervaring, kennisname van sigbare tendense en begrip vir die gevolge daarvan, 'n beleid op beginsel aanvaar en toegepas het tot wedersydse baat vir elke volk hier ter plaatse.

Nadat Liggame van 20 vermeende onwettige mynwerkers in die Noordwes-provinsie gevind is, het die polisie gesê dit is nog nie duidelik of die oorledenes onwettige mynwerkers was nie, maar dat dit vermoedelik die geval is, aldus die Citizenkoerant.

Die lyke van twintig mense, glo onwettige mynwerkers, is vandeesweek naby Orkney, Noordwes, gevind. Die polisie het geregtelike doodsondersoekdokke geopen nadat 20 ongeïdentifiseerde manlike liggame Dinsdag en Woensdag op twee verskeie plekke in Orkney buite Klerksdorp gevind is. Brigadier Sabata Mokgwabone het in 'n verklaring gesê dat terwyl die oorledenes ernstige brandwonde opgedoen het, nadoodse ondersoeke gedoen sal word om die oorsaak van dood te bepaal vir die mans wie se liggame in wit plastieksakke gevind is.

In Zandspruit het "bendegeregtigheid" In Mei, nege jong mans aangeval, hul hande met drade en toue vasgebind, hulle aangerand en hulle met paraffien benat voordat hulle aan die brand gesteek is. Agt van die nege mans is dood en ses verdagtes is sedertdien in hegtenis geneem. Twee mense is steeds soek in verband met die aanvalle. Daar is gesê die mans word daarvan beskuldig dat hulle verskeie misdade in die gebied gepleeg het.

Dit is waar die reg op die oomblik in Suid Afrika hom bevind! In 'n diep gat van ongeregtigheid waarin die de Klerk regering die Afrikanervolk in 1994 gestort het. 'n Gat wat deur sommige "slim" politici beskerm en bevorder word deur hulle deelname aan hierdie ongeregtige bestel!

Waak op Afrikaners en kom in die laer in! Saam is ons verset sterker en ons vryheidstryd op vaste beginsel meer effektief as in los en verdeelde groepies daarbuite agter futiele verwagtings aan wat gedoem is tot mislukking! Dit was die wyse President Paul Kruger wat die slagspreuk van "EEN DRACHT MAAKT MAG!