Afrikaner

CORONA: WAT GAAN AAN IN AMERIKA?

Oor die ontstaan van die virusword daar baie uitsprake gemaak. Amerika sê dit is China en China sê dit is Amerika. Indien die virus mensgemaak is, is daar ook ‘n wye meningsverskil oor die oogmerk daarmee.

Dat daar met getalle, die omvang en effek van die virus op bedenklike wyse omgegaan word, is daar geen twyfel as dit gemeet word aan voorheen vergelykbare “epidemies” nie. Die mate van huisarres waarin ons in Suid Afrika onderwerp word, word gebruik om die “effektiewe” beheermaatreëls van die regime te regverdig met verwysing na die aantal gevalle en sterftes waarmee ons gesus word. Dit dien dan ook sommer om die brutale optrede van polisie en weermag te verantwoord.

Daarmee wil die AVP nie tekenne gee dat daar géén beperkings moet wees en onverantwoordelike optredes toegelaat moet word nie. Dit is egter opmerklik hoe die meeste swartes die beheermaatreëls veronagsaam en niks oorkom nie. Die gevaar wat dit egter vir hulle en die mense met wie hulle in aanraking kom inhou, is in die geval van ‘n epidemie van welke aard ookal, onberekenbaar.

Die professor van Harvard Universiteit wat in Januarie al ge-arresteer is en daarvan verdink word dat hy iets met Corona te doen het, saam met twee assistente se inligting wat in ‘n artikel hieronder verskyn, is interressant en belangrik om die spanning tussen China en die VSA te belig. Hoe dit ookal sy, dit bevestig nie bo alle twyfel dat China besig is met ‘n biologiese oorlog teen Amerika nie. Die afleidings word wel gemaak.

Wat die AVP meer interesseer is die gerugte, artikels en ontledings oor die Trumpprojek om toe te slaan op die pedofilianetwerke wêreldwyd, maar in besonder in Amerika wat skynbaar die hele elite en top regeringstruktuur omvat. Daarbenewens word gespekuleer dat hy hom veral wil toespits op die finansiëlepraktyk van die Federale Reserwe Bank van Amerika en al die banke wat deel is van die ongeregtigheid waarmee kliënte al vir eeue lank verkneg word en volkere en nasies beheer word.

Dit is hier waar die NESARA en GESARA besprekings van belang is omdat Donald Trump Skynbaar in lyn met daardie voorskrifte, die VSA se ekonomie wil baseer. Nesara en Gesara is respektiewelik National Economic Security and Recovery Act en die Global Economic Security and Recovery Act. Die AVP plaas dit soos wat ons dit opgespoor kon kry. Die oorsprong en ontstaan van die gedagte kan u op Wikipedia gaan oplees.

Indien hierdie gerugte waar is en Donald Trump dit werklik in gedagte het en slaag in die uitvoering daarvan, sal dit die hele wêreld en ook Suid Afrika se beheer en bestuur ingrypend verander. Intussen moet die Afrikanervolk bewus bly daarvan dat as gelowige volk, die Woord van God ons maan dat ons nie ‘n gees van vrees ontvang het nie maar wel van Krag, van Liefde en van Selfbeheersing!

In hierdie beproewende tyd is dit ook goed om weer te hoor wat in 1Timotius 5:8 opgeteken is. “Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ’n ongelowige.

Nesara