Afrikaner

MOORD IN SUID AFRIKA IN VERGELYKING MET CORONA

MEDIAVERKLARING

Die sensasionele beriggewing, wêreldwyd, maar in besonder in Suid Afrika, belig die wanstaltigheid waarmee die media besig is om mense te beïnvloed om te glo en te doen wat hulle voorstel.

“Johannesburg - South Africa’s total confirmed coronavirus infections jumped to 85 on Tuesday night, with eight of the confirmed 23 new cases being local infections with no recent travel history.”

Is dit nou regtig belangriker as die nagenoeg 57 moorde per dag wat in Suid Afrika gepleeg word? Waar in die wêreld is dieselfde omvang van mediadekking waargeneem, as wat nou oor Corona plaasvind, oor die wreedaardigste vorm van sterf soos wat in Suid Afrika daagliks aan die orde is? Sterftes wat gepaard gaan met brutale, barbaarse verminking en ure van marteling, verkragting en ontering van menswees, en die wêreld swyg daaroor!

Die sogenaamde “president en kabinetslede” van die “Nuwe Suid Afrika” swyg nie net daaroor nie maar ontken dit tenspyte van fisiese en opsigtelike bewys, saam met die hoofstroom media, maar spring uit hulle stoele op oor 8 nuwe gevalle van Corona wat nie naastenby vergelyk kan word met die onmenslike en veragtelike wyse waarop mense in Suid Afrika van hulle lewe ontneem word nie!

Mag die redakteurs en joernaliste, die onwettige “president” en sy hele onwettige “kabinet” wat almal só selektief met die waarheid en die werklikheid omgaan, omkom deur hierdie “fenomeen” waaroor hulle so begaan is. By hulle sluit die AVP ook graag die skeppers van die “Nuwe Suid Afrika” in, wat deur die verraderlike afwyking van die enigste beginsel waardeur vreedsame naasbestaan bereik kon word in ‘n multikulturele samelewing, voorkeur verleen het aan die ongeregtigheid wat nou hier heers!

Ontkenning vervang nie die werklikheid nie maar aksentueer dit net by diegene wat daardeur geraak word. Die onrus wat in de Klerk se hart leef en na vore gekom het met sy erkenning dat apartheid nie noodwendig ‘n misdryf teen die mensheid verteenwoordig nie, sal nie weggaan solank as wat hy asem het nie, al trek hy dit hondermaal terug terwille van die morone wat dit van home is!

 

Sihle Mlambo

Independent Online (IOL) - ‎18‎ ‎March‎ ‎2020

8 local coronavirus transmissions confirmed as SA tally hits 85

Reuters a cabin crew member walks past a sign informing travellers about the coronavirus disease (COVID-19), at the Cape Town International Airport, in Cape Town, South Africa, March 16, 2020. REUTERS/Mike Hutchings

Johannesburg - South Africa’s total confirmed coronavirus infections jumped to 85 on Tuesday night, with eight of the confirmed 23 new cases being local infections with no recent travel history. 

The youngest positive case was that of a 2-year-old in the Western Cape and a 5-year-old in KwaZulu-Natal, where a Richards Bay primary school had been placed under lockdown earlier this week.