Afrikaner

OM OP SAND TE BOU

Om op sand te bouIn 1948 het daar geskiedkundige gebeure plaasgevind wat ‘n fondasie gelê het waarop die Afrikanervolk, maar ook ander volke van die wêreld begin bou het.

Gaandeweg het dit vir sommige geblyk rots te wees terwyl ander moes uitvind dat dit sand was!

Die gevolg daarvan, soos die Bybel waarsku was, òf bestand teen die storms, òf ineenstorting onder die aanslag.

In ‘n boek getiteld “Because they hate” deur ‘n persoon wat vanwee haar persoonlike ervaring, geroepe voel om die Christenwêreld te waarsku teen die terroriste aanslag vanuit die fundamentalistiese Muslimwêreld, het sekere ontwikkelings my opgeval wat nie net ‘n duidelike ooreenkoms met ontwikkelings in Suid Afrika vertoon nie, maar ook die insig van Afrikanerleiers ten opsigte van Internasionale gebeure en gevolge, sterk beklemtoon.

 

NASIONALISME

Met die oorwinning van die Nasionale Party in 1948, met dr. Malan se slagspreuk van apartheid, is die fondasie vir afsonderlike ontwikkeling beslag gegee op sterkte waarvan Suid Afrika ongekende voorspoed en vooruitgang beleef het tot met die moord op dr. Verwoerd.

BEGRIP VAN GEBEURE

 

Brigitte Gabriel, skrywer van die bo-vermelde boek, gebruik ‘n aanhaling wat ons al baie in Afrikaner politiek gehoor het, dog min aandag aan gee, nl. “om te begryp wat die verband tussen die Midde Ooste, die Islamitiese jihad (heilige oorlog), en die Weste is, dat sonder begrip van gebeure uit die verlede, sal jy nooit begrip hê vir gebeure in die hede en sal jy geen idee hê van hoe om te beplan vir die toekoms nie!”

LEBANON

Toe Lebanon in 1941 onafhanklikheid van Frankryk gekry het, het die bevolking uit nagenoeg 55% Christene en 45% Muslims bestaan. ‘n Lebanese verdrag van 1943 het ‘n regering van demokratiese magsdeling tussen die onderkeie geloofsgroepe verseker sodat die President ‘n Christen, die eerste minister ‘n Sunni Moslem en die Speaker van die parlement ’n Shiite Moslem was. Verteenwoordiging in die parlement het bestaan uit 6 christen en vyf Moslem verteenwoordigers om verteenwoordigend van die bevolkingssamestelling te wees. So was ook die weermag, die kabinet en die staatsdiens ingerig om verteenwoordigend van die multikulturele samelewing te wees.

LIBERALISME AS FONDASIE

 

Lebanon het die hoogste lewensstandaard in die Arabiese wêreld verteenwoordig, vergelykbaar met die beste in die westerse gemeenskappe. Die Lebanese was trots op hulle multikulturele en diverse samestelling en het daarop geroem.

In terugskouing ontleed sy die oorname van Lebanon en uitwissing van die Christenbevolking daar as volg: “Lebanon was a beacon in the Middle East for different religious and ethnic groups coming together and working together as Lebanese. We celebrated Christian holidays as well as Muslim ones. In our cities you could hear the church bells ringing in the mornings as well as the mosques sounding their prayers from their towers. We had open borders through which people of the surrounding Arabic countries came in and out freely. We had the best universities in the Middle East, where prosperous Arabs sent their children to study. We welcomed anyone seeking an education at our universities and were eager to learn about their culture and their tradition. We were renouned for our hospitality, good heartedness and generosity.

Sadly, those same similarities were the cause of our destruction. We were so deluded with our multiculturalism that we did not realize the risk of losing the very culture we prided ourselves on having. We did not realize that the intolerant Islamic side of our culture was gaining strength on the back of our Western openness and pride in diversity. With our open border policy, we unwittingly allowed what would turn out to be our enemy to infiltrate our society to plot and fight with radicals within to gain control of our government.”

GEVOLGE VAN INTEGRASIE

Die kultuurverskil tussen Christen en Moslem, veral ten opsigte van die huwelik waar Christenmans slegs een vrou as huweliksmaat het, met selfs tot vier vrouens per Moslemman, was die gevolg dat by 1970, Christene in Lebanon in die minderheid was.

Toenemende eise vir groter verteenwoordiging op elke lewensterrein was aan die orde en gaandeweg, met behulp van Kommuniste en liberale Christene, ondersteun deur die PLO van Jordanie, het die Moslems uiteindelik totaal in beheer gekom. Teen 1975 verklaar die Palestyne en Moslems ‘n heilige oorlog teen alle Christene en word Lebanon in die daaropvolgende geweld, feitlik verwoes.

Tewyl sy as 13 jarige dogtertjie deur hierdie hele ontplooiing van die geskiedenis bewus geword het van die konflikterende kultuurgemeenskappe se aanvanklike verdraagsaamheid teenoor mekaar, het sy ook tot die besef gekom van die kunsmatigheid daarvan. Die onvermydelike uiteindelike konflik begin begryp wat gespruit het uit die onderdrukte haat wat daar onderling na vore gedwing is. Die botsende kulturele verskille het noodwendig en onvermydelik in geweld ontaard. Daaruit het sy ‘n roepingsbewustheid ervaar om alle Christene te waarsku teen die Moslemgevaar, wat sy fisies beleef het as haatgedrewe, gegrond in kultuurverskil.

In Suid Afrika hang die “Integrasievlag” halfstok as die Joods, welgestelde liberaal, (Soos die Beeld haar beskryf) Helen Suzman, die tydelike met die ewige verwissel. Dit is nie sonder betekenis dat sy deur FW de Klerk help graf toe gedra word nie! Verlede jaar in ‘n onderhoud het sy by implikasie erken dat haar integrasiebeleid faal, as sy daarna verwys dat sy wakker was in die parlement en pligsgetrou, nie soos die leë banke of vas aan die slaap parlementariers soos dit vandag daar uitsien nie.

Wat de Klerk se betrokkenheid as draer by diè begrafnis betekenis gee, word belig deur die berig in Beeld van Maandag 5 Januarie 2009 waar dit gestel word dat Suzman bekend was vir haar pogings om die apartheidstelsel van binne af, af te takel. “ Sy het nie gewere gebruik nie, maar die staatsmasjinerie”. het   hoofrabbi Warren Goldstein gesê en beklemtoon dat al het sy haar goed van haar taak gekwyt, is die stryd nog nie gewonne nie.

Die verskil in leierskap van die Afrikanervolk voor 1967 en daarna word weerspieël in de Klerk se stelling dat Suid Afrika nou ‘n beter plek is as voor 1994!

Misdaad neem toe, korrupsie is aan die orde, werkloosheid styg, brandstof en voedselpryse styg, matriekuitslae laat weereens die wenkbroue lig, waterbesoedeling is buite beheer, kragvoorsiening onvoldoende en onbeplan, maar de Klerk sê ons woon in ‘n beter plek as voor 1994! Sy begrip van die onderskeid tusse goed en sleg is só vertroebel dat nugterheid totaal buite sy bereik gekom het!

Dat ons leiers voor 1967 internasionale gebeure in hulle toekomsbeplanning vir ons land in aanmerking geneem het en die moed openbaar het om nee te sê vir Internasionale druk, is bewys deur statestiek van voorspoed en vooruitgang sedert 1948. Dit word gerieflikheidshalwe vandag verswyg en deur blote retoriek van die “negatiewe” van apartheid toegesmeer.

Die bewyse dat die reënboognasie met ‘n regering van Nasionale eenheid gaan faal, is volop!

Die Bybel stel dat geen koningkryk wat in homself verdeeld is, sal bly staan nie. Dit behoort vir elke gelowige al genoeg te wees.

Die begrip van waarom dit nie sal slaag nie, lê verder ook in die verloop van die geskiedenis! Nie net in ons geskiedenis nie maar ook bv. die gebeure in Lebanon sedert 1948 en wat nou voortduur in die Midde Ooste.

 

OM OP SAND TE BOU

Christelike verdraagsaamheid wat deur manipulasie ons Christelike verantwoordelikheid nie net belemmer het nie maar maar totaal vernietig het, het soos in Lebanon ons weerstand afgebreek en daarmee saam die rotsfondasie vervang met een van sand! Die uiteinde daarvan is opsigtelik voorspelbaar hoewel die ellende wat daaruit gaan voortspruit, deur die meerderheid van ons volk nog nie gepeil is nie.

Weerstand en verset moet ons voorneme vir ons vryheidstryd wees. Weerstand en verset wat nie noodwendig altyd geweld beteken nie, maar wat veral teen die vernietiging van ons waardes en standaarde, ons beginsels en ons beleid opgestel is. Die vredepraters en onderhandelaars, die kompromiemakers en dubbelpraters moet nie deel van ons verset wees nie, want daarin setel ons jarelange onderlinge wantroue en gebrek aan eendragtigheid.

Laat ons weer die Afrikaner se belange eerste stel, want dit is ons erfenis.