Afrikaner

DIE BITTER NASMAAK

BybelSpreuke 1:20-33

Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde; (:29-32).

As jy die Rand Daily Mail op 30 Julie 1966 sou oopslaan, sou jy bes moontlik die volgende daarin raakgelees het. The nation is suffering from a surfeit of prosperity...He can claim that South Africa is a shining example of peace in a troubled continent, ... En is dit nie presies wat die Woord van God ons leer hoe dit met n land sal gaan onder n heerser wat in die vrees van God wandel nie? Die God van Israel het gesê, die Rots van Israel het tot my gespreek: n Heerser oor mense, n regverdige, n heerser in die vrees van God, is soos die môrelig by sonsopgang, n môre sonder wolke as deur die glans ná die reën grasspruitjies uit die aarde kom. (2 Sam. 23:3&4).

Wanneer jy vandag daarenteen die dagblaaie oopslaan, sal die opskrifte wissel tussen, chaos, opstande, protesaksies, Zuma Must Fall, werkloosheid, armoede, swak dienslewering, korrupsie, resessie, depressie, moorde, verkragtings of dalk n sensasionele berig oor n kind wat na bewering sy gesin uitgewis het.

Sekerlik moet ons onsself die vraag afvra: Hoe op dese aarde het ons van so n gunstige posisie in 1966 tot so n absolute wanhopige en patetiese toestand in 2017 beweeg? Die hoofstroom media sal natuurlik net een antwoord hierop ken Zuma! Dit is alles Zuma se skuld! Dit mag dalk wees, maar my vraag op daardie antwoord sal wees: Maar hoe het Zuma daar beland? Die antwoord is natuurlik die ANC wat hom daargestel het. En dit is natuurlik korrek. Maar hoe het die ANC daardie posisie bekom om hom daar te stel?

Ons begin dalk nou te naby aan die waarheid beweeg. Die waarheid dat ons ook vir n slag persoonlike verantwoordelikheid moet neem. Die waarheid dat n volk sy afvalligheid van God moet raaksien en erken. Die waarheid dat n volk afkerig geraak het en die teregwysinge van die Woord verag het. En nou wil ons lang trane huil wanneer ons swaar moet sluk aan die wrange vrugte wat hierdie planne voortbring. Wanneer bejaardes op plase verkrag en vermoor word wil ons vra hoedat n God van liefde so iets kan toelaat? Maar na die waarheid in Sy Woord dat jy nie veronderstel is om met ongelowiges in dieselfde juk te trek nie - daarna wou ons nie luister nie. Dit is mos kwansuis liefdeloos, onchristelik of hoogmoedig? Het ons al daaraan gedink dat dit eintlik maar net GEHOORSAAM aan God is en basta met wat die wêreld of polities-korrektes dit wil noem? Nou moet God die blaam dra vir dit wat ons verkeerd doen?!

Nee, maar ons is mos slim! n Toegewing hier wat betref sport en n toegewing daar om ook televisie soos die res van die wêreld te kan kry. En dalk n winkel hier-en-daar vir ons gerief oopmaak op die sabbat is mos tog nie so erg nie.  Net so is dominee darem te eng om my aan te vat oor kleredrag in die kerk, want God is tog net op die uiterlike gesteld en Hy gee tog nie regtig om hoe ek lyk nie. Dit is seker waarom ons ook nou jare later nie omgee om met n liggaam vol tatoeëermerke rond te loop nie, want Hy gee mos nie voorskrifte oor die uiterlike en vleeslike in Sy Woord nie? En ons verwag dat ons nie die vrug van ons planne sal eet nie? Hoor, aarde! Kyk, Ek bring onheil oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, en my wet, dié het hulle verwerp. (Jer. 6:19).

Na die waarheid in God se woord oor hoedat ek my kind moet opvoed daarna wil ek nie luister nie. Ons leef mos in ander tye. Maar as my kind later in die lewe vir my groot hartseer veroorsaak, wil ek weet hoekom God so iets toelaat? Ek wil nie my werk met die nodige ywer, toewyding en dankbaarheid verrig nie en wanneer ek dalk my werk verloor wil ek verwyte na God slinger.

God het as liefdevolle Vader vir ons die weë van die lewe deur Sy Woord bekendgemaak. Ons kan kies of ons eerder ons eie planne wil beraam en die wrange vrugte daarvan wil aanhou eet. Daarenteen kan ons besluit om ons eerder te versadig met die brood van die lewe wat Hy ons skenk. Wanneer ons deur Hom gevoed word, sal ons die krag ontvang wat ons nodig het om n godvrugtige lewe voor Hom te lei. IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is. (2 Pet. 1:3&4)